Sy is ’n bekroonde aktrise, skilder, skrywer, joernalis, inspirerende spreker, kok en sakevrou.

Susan vertel op haar Facebook-blad hoe sy die komende week met positiwiteit tegemoetgaan: “Is jy reg vir die uitdagings van die week wat voorlê? Of hoop jy maar vir die beste?

“Of hoop jy nie eens nie? Voel jy te wanhopig en verstrengel. Het jy klaar met ’n angstige frons besluit: Sommer die hele week wat voorlê, gaan ’n baie slegte, bewolkte blou kleur wees . . .

“Die volgende weke in my eie dagboek lyk rof met ’n program gelaai met baie druk . . . Ek besef egter hoe my innerlike mens dit hanteer, sal bepalend wees van my ervaring, of dit boot camp of beautiful gaan wees vir my.

“Ek het geleer dat ek self geweldig baie kan bydra tot ’n positiewer ervaring in rowwe tye deur die liedjies wat ek vir myself in my gedagtes speel. Ek pause gereeld wanneer ek angs en oorweldiging ervaar en skakel dan doelbewus my ‘kopradio’ oor na ’n ander stasie, ’n stasie van dankbaarheid, blydskap en humor.

“Die afstandbeheerder wat jou gedagtes beheer, is in jou eie hande. Gebruik dit om op ’n lekkerder stasie te kom op jou reis deur die lewe - ook met jou uitdagings.”

Wat dink jy?

Vir nog inspirasie, besoek Susan se webtuiste.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Kyk foto’s: Prins Oscar lyk al te fraai in wit getooi

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder