Dalk is dit jou kollega of miskien jou pel se kêrel wat jou telkens laat wonder:

Al is die versoeking groot om weg te hardloop en vir die mens weg te kruip, sal dit op lang termyn beter wees as jy leer hoe om in hul teenwoordigheid te wees sonder om geïrriteerd te raak. Geduld is die wagwoord en ons het ’n paar wenke om jou lewe makliker te maak as jy in hul geselskap is.

Om te luister is belangrik in sulke situasies omdat jy nie ongeskik wil voorkom deur jou aandag te laat afdwaal wanneer hulle hul mond oopmaak nie. As jy boonop iets verkeerd hoor of glad nie hoor wat hulle gesê het nie, gaan dit beteken hulle moet dinge herhaal, wat natuurlik beteken jy moet langer in hul geselskap wees.

Moet ook nie tydens ’n gesprek jou eie gevolgtrekkings maak nie; as jy verward is oor iets wat hulle gesê het, vra hulle om dit te herhaal, of bevraagteken op ’n hoflike manier hul antwoord as jy nie verstaan nie. Dis maklik om verkeerde aannames oor iemand te maak as jy klaar nie ooghare vir die mens het nie, so probeer om nie net te aanvaar dat jy met alles wat hulle sê, gaan verskil nie. As jy die moeite doen om sonder vooroordele met hulle te praat, kan jy ontdek dat julle iets gemeen het, en dit kan jou help om jou gevoelens of ergernis eenkant toe te skuif. Jy kan byvoorbeeld uitvind julle hou van dieselfde musiekgroep, en hoe meer positiewe dinge jy in hulle kan raaksien, hoe minder gefrustreerd sal jy voel.

Laastens moet jy nadink oor wat omtrent hulle jou so irriteer.
Nog ’n belangrike wenk is om koelkop te bly eerder as om jou humeur te verloor en te skree of hul foute uit te wys. Onthou, tegnies gesproke is dit nie foute nie, maar bloot jou mening van daardie mens. ’n Goeie tegniek vir talle situasies is om stadig in jou kop tot by 10 te tel as jy voel jy gaan jou humeur verloor, of verskoon jousellf gou, haal ’n paar keer diep asem en keer dan terug met ’n kalmer gemoed.

Laastens moet jy nadink oor wat omtrent hulle jou so irriteer. As dit iets kleins is, soos dat hulle heeltyd grappies maak oor dinge (selfs as die tydsberekening nie reg is nie), vra jouself af of dit die moeite werd is om jou daaroor te verknies. Dit is dalk ’n verdedigingsmeganisme of dalk is hulle net van nature ’n sorgelose mens. Jy weet nie wat die gewoontes veroorsaak het nie, en daarom is dit beter om veilig te speel as om dadelik die mens te veroordeel.

As hulle selfsugtig is en ander ook saamstem dat hulle ’n pyn is, weet jy ten minste jy’t nie oorreageer nie. As jy regtig nie anders kan as om in hul geselskap te wees nie, byt vas en verdra dit maar, en deel jou menings op ’n kalm, rasionele manier met ander wat dieselfde voel. Maak net seker dit verander nie in ’n “Ek haat so en so”-klub nie.