Goeie mondhigiëne laat jou op jou beste lyk en gee jou die selfvertroue van ’n skitterende glimlag.

Die algemeanste mondprobleme is die opbou van plaak, tandverroting en peridontale siekte. Wanneer jy goeie mondhigiëne toepas is dit ook vir jou algemene gesondheid goed en verminder die risiko van ander siektes wat die liggaam binnedring.

Dr. Imraan Hoosen, ’n vooraanstaande tandarts en Oral-B-kenner, verduidelik:  “Wat baie mense nie weet nie, is dat hulle ook hul gesondheid oppas wanneer hulle hul monde versorg. Navorsing het getoon dat hartsiektes deur goeie mondsorg verminder word. Dit verminder ook infeksies en die opbou van ontsteking in die liggaam en help suikervlakke by diabeteslyers laag hou.”

Ander mediese studies toon dat die risiko van vroeë geboortes ’n derde minder is by vroue wat tydens hul swangerskap ’n mondhigiënis besoek het. Tandvleisontsteking veroorsaak ’n verhoging in die afskeiding van chemikalieë wat voortydige geboorte kan aanbring.

Slagaarprobleme ontstaan weer wanneer bakterie tussen die tande opbou wat ’n vermindering in die bloedtoevoer na die brein veroorsaak. Dit kan die oorsaak van geheueverlies en selfs ernstiger probleme soos demensie wees.

Goeie mondhigiëne is ’n belangrike deel van ’n gesonde leefstyl en behoort ’n gewoonte te wees. Jy kan dalk ook sommige van jou huidige gewoontes aanpas of verbeter, soos om ’n ander tandeborsel aan te skaf. Met ’n gewone tandeborsel bly die helfte van die kieme agter, dus is dit goed om in ’n battery-aangedrewe tandeborsel soos die Oral-B TriZone te belê.

Hierdie tandeborsel kombineer kragtige driesone-reiniging met die hantering van ’n gewone tandeborsel. Dit verwyder al die plaak en laat jou mond vars en skoon voel.  Dis ontwerp om die vorentoe-en-agtertoe borselaksie te verbeter en het ’n kop wat 20 persent kleiner as ander tandeborsels s’n is om alle plekke in die mond te bereik.

Bron: Jenni Newman Public Relations vir Oral-B