Dating, picnic, romance

Kom ’n bietjie buite

Pak op ’n lenteaand ’n bottel vonkelwyn in en gaan stap iewers waar dit mooi is. Gaan staan by ’n uitkykpunt en kyk met ’n glas sjampanje in die hand hoe die son ondergaan. Oefening laat jou liggaam gelukshormone vrystel en verhoog ook jou energievlakke.

Pluk die vrugte

Op die webtuiste Pick Your Own kan jy plase en boorde in jou omgewing soek waar jy kan gaan vrugte of groente pluk. Jy sal alles van ’n pampoenland, plaasmark en kersieplaas tot ’n kersboomplantasie kry en as jy gelukkig is, sal die bome vol bloeisels wees en vir ’n mooi agtergrond sorg. En ná die lekker buitelugafspraak kan kosliefhebbers saam by die huis met hul oes gaan kook. Vir nog inligting, besoek http://www.pickyourown.org/southafrica.htm.

Proe-proe saam

Meisies, beplan iets waarvan hy sal hou. Die meeste mans sal nie nee sê vir bier proe nie en November is die maand wanneer plaaslike brouery mans se drome laat waar word. Vind uit waar mikrobrouerye opspring en watter bierfeeste die besoek werd is. As julle nie van bier hou nie, kan jy ’n romantiese wyn- of vonkelwynproe reël.

Laat die wiele rol

Geniet ’n fietsrit vir twee terwyl die son skyn. Retro- en dikwielfietse raak ál gewilder en daar is volop fietsroetes in mooi omgewings. Doen ’n wyntoer op jou fiets saam met Winelands Experience (http://www.winelands.travel/cycling). Hulle bied ontbyttoere, ’n wyntoer per fiets en vir die waaghalsiges ’n stap-, fiets- en piekniektoer.

As jy nie in die Kaap is nie, soek ’n winkel in jou omgewing wat fietse verhuur. Ons is dol oor Uncle Merve’s in Johannesburg en Retro Bike Hire by die Sundeck by Suncoast Casino & Entertainment World. Jy kan ook dikwielfietse huur om langs Durban se Goue Myl af te ry (bel 078-843-8936).

Kuier in ’n groep

Hou jy van hom, maar voel nog nie gereed om alleen saam met hom uit te gaan nie? Groepafsprake is veilig en prettig! Nooi een of twee van jou beste vriende uit en laat jou metgesel dieselfde doen. Bespreek ’n tafel buite. ’n Verhoogoptrede is altyd ’n wenner. Dit kry die groep in die regte luim en hou dinge feestelik. Hou Computicket dop vir geleenthede in jou omgewing.

Plant saam ’n tuin

Ons weet dis stroperig, maar dis eintlik baie prettig. En selfs al is julle nie dol oor tuinwerk nie, sal julle dit geniet om saam iets te skep. Dit is lekker om te kyk hoe iets groei en dan die vrugte van jul arbeid te geniet. Vind hier uit wat jy in die lente kan plant: http://www.gardenate.com.

Philippa perfect proposalDeur Phillipa Stewart, eienaar van The Perfect Proposal

The Perfect Proposal help verperpersoonlikte afsprake konseptualiseer en reël. Kontak hulle as jy ’n bietjie inspirasie nodig het vir ’n huweliksaanbod, huweliksherdenking, verlowingspartytjie, hernuwing van troubeloftes of sommer net ’n spesiale aand uit.