[caption id="attachment_86364" align="aligncenter" width="600"]Nes Ashley Benson moet mens weet wanneer om te praat en wanneer jy eerder net moet stilbly. Nes Ashley Benson moet mens weet wanneer om te praat en wanneer jy eerder net moet stilbly.[/caption]

  • Die groenoog-monster l

Jaloesie is ’n lastige ding! En as dit met vriende te doen het, kan dinge lelik raak. As jou vriendin al die aandag kry en dit jou pla, haal diep asem en hou om op jou tyd en energie te mors op iets wat jy nie kan beheer nie. Dink eerder aan al jou positiewe eienskappe en redes hoekom jy koel is!

  • Jy haat die manier hoe hy soen

Sê dit

Goed, so die soene is nie soos iets uit ’n Disney-sprokie nie . . . Wel, jou kêrel sal beslis verkies om dit uit jou mond te hoor as om uit te vind dat jy dit met jou vriende bespreek het. Begin deur die dinge wat hy doen waarvan jy hou op te noem en sê dan sagkens vir hom wat jy sou verkies hy moet doen. Die beste deel? Hoe meer julle oefen, hoe beter gaan dit raak!

  • Jy dink jou pel se kleredrag is te oordadig

Bly stil

Nou ja, om ’n minirok vol blinkertjies flieks toe te dra, val dalk nie in almal se maak nie, maar dis wat die lewe so interessant maak. Wees trots dat jou vriendin so vol selfvertroue is dat sy so iets kan laat goed lyk.

  • Jy dink jou kêrel se BFF is sexy

Bly stil

As jy goed met sy pêl oor die weg kom en dit net voel asof julle vriende is, is dit beter om stil te bly. Maar as jy sterker oor sy vriend voel en jy dink aan dinge verder vat, moet jy eerlik met jou kêrel wees. Jy wil nie hê hy moet op die verkeerde manier uitvind nie.