Sir Elton John roem hom daarop dat hy nie ’n selfoon gebruik nie, maar dit geld beslis nie vir die meeste van ons nie; trouens, baie van ons is so afhanklik van ons selfoon dat ons die kruipende gevoel vrees wat oor ons kom wanneer ons agterkom ons het hom tuis gelos, of nog erger, wanneer ons sien die battery loop leeg.

Dit is dus nogal snaaks dat daar geen algemene etiketreëls bestaan wat gevolg kan word in hierdie eeu wat ál meer aangeskakel word nie.

Is dit oukei om ’n SMS te stuur om te sê jy neem ’n dag siekteverlof? Moet jy jou baas bevriend op sosiale media? En wat van die virtuele mynveld van toegeeflike Facebook-status?

Daar is nou hulp danksy BT Mobile en die Universiteit van Oxford. Hulle het na die gedrag van 2 000 volwassenes gekyk en saamgewerk om ’n lys van 17 gebooie vir sosiale media te skep.

Die eerste is die voorstel dat privaat boodskappe slegs vir vriende/vriendinne gereserveer word; moet nooit ooit probeer om iets aan te stuur vir die eerste die beste vreemdeling nie.

Lees ook: Loop jy gevaar om jou werk aan ’n robot af te staan?

Jy moet ook nooit dit waarna jy aanlyn gekyk het, vir jou maat wegsteek nie, en moet ook nie te veel dinge op Facebook uitblaker nie. (Jammer as jou hart gebreek is omdat jul paaie geskei het, maar ons wil nie daarvan hoor nie).

Maak seker jy gebruik sosiale netwerke reg.

LinkedIn is ’n professionele platform; hou dus jou koketterige praatjies vir Tinder.

Dié raad sluit ook in jy moet ver wegbly van die toetsbord af wanneer jy emosioneel voel, en dit beteken jy moenie boodskappe stuur wanneer jy kwaad, ontsteld, of die ergste van alles, dronk is nie.

Ook geen Facebook-plasings wanneer jy aangeklam is nie. Trouens, los die internet uit nadat jy ’n paar doppe agter die blad het.

Moenie soentjies aan die einde van ’n werk-e-posboodskap tik nie en moet nooit oor mense skinder in ’n SMS of in ’n plasing op sosiale media nie.

Lees ook: Moderne tegnologie kniehalter selfoondiewe

Wanneer jy ’n dag verlof nodig het, moet jy met jou baas praat en nie op ’n SMS vertrou nie, en slegte nuus word nooit per SMS oorgedra nie.

Daar was ook wenke vir wanneer jy mense wil gelukwens met hul verjaardag, die hantering van groepsboodskappe, wanneer jy op jou maat se foon wil spioeneer, en dan die heel grootste: jammer, maar om ’n verhouding per SMS- of sosialemediaboodskap te beëindig, is geheel en al taboe.

“Mense is van nature sosiale diere,” het dr. Peter Collett, ’n sielkundige, verduidelik.

Gegewe die feit dat so baie van ons plesier met ander mense verband hou, is dit nie ’n wonder dat ons so baie tyd en arbeid daaraan afstaan om met vriende en kennisse in aanraking te bly nie.

Nuwe digitale kommunikasie het dit selfs makliker vir ons gemaak om ons ware aard uit te druk, en die navorsing . . . onthul selfs ’n klompie werklik interessante neigings in kubervriendskap.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Basta met kankerbehandeling! 90-jarige inspireer talle met haar verrykende lewensuitkyk, al is sy hoe siek

Jy sal nie glo wat 7de Laan se Altie nou gaan doen nie!

Raaisels van die see: Vissers vind gemummifiseerde Duitser in die middel van die Stille Oseaan

WhatsApp verdwyn eersdaags van sommige selfone

Pa kom met desperate plan vorendag om sy identiese tweeling van mekaar te onderskei