En daar is die aap uit die mou:

Dit is nou volgens ’n internasionale meningspeiling wat deur die afspraakwebtuiste vir getroudes, Victoria Milan, onder meer as 5 000 van sy lede in 12 lande gedoen is.

Suid-Afrikaanse vroue is blykbaar ook nogal gesteld op ’n potensiële kafoefelmaat se reuk. Sowat 75 persent van die vroue wat aan die peiling deelgeneem het, sê hulle sal nie kamer se kant toe staan as hul maat nie lekker ruik nie.

Hul oorsese eweknieë stem hiermee saam, want 78 persent het aangedui hulle sal eerder alleen huis toe gaan as om erotiese avonture te hê met ’n man wat ’n stankie aan hom het.

Franse en Spaanse vroue is nog meer onverbiddelik oor die saak. ’n Volle 100 persent van die vroulike deelnemers aan die opname in dié twee lande sê dit is ’n groot nee-nee as iets vir hulle onaangenaam ruik.

Maar nou ja, darem nie alle vroue is heeltemal so vol fiemies nie. Uit die opname blyk dit dat 22 persent bereid sal wees om neus toe te knyp as die bed roep . . .