Die meeste mense droom groot wanneer hulle klein is, of dit is om ’n ruimtevaarder of die volgende Bill Gates te wees, die kans bestaan dat jy tydens jou skooldae hoog gemik het. Ongelukkig tref die werklikheid jou ná universiteit. Skielik wentel alles om rekeninge en skuld en voor jy jou kom kry, sit jy in ’n werk wat jou nooit regtig in die eerste plek opgewonde gemaak het nie.

Maar dit hoef nie so te wees nie. .

Aanvaarding

Hierdie een is belangrik. Ons praat nie van jou situasie nie; aanvaar jouself. Dit is maklik om jouself te laat glo jy gaan net jou droomwerk kry wanneer jy so vyf kilo’s afgeskud het, maar om jouself te aanvaar net soos jy is, is die belangrikste van alles. As jy angstig is oor jou liggaam, gaan jy nie waarskynlik jou ware roeping kan nastreef nie, want jy gaan jou te veel oor die klein jakkalsies in die wingerd bekommer. Jy kan doen net wat jy wil; hoe gouer jy dit begin glo, hoe meer selfverseker gaan jy raak en hoe gouer gaan jy jou drome begin nastreef.

Drome

Nie almal gaan biljoene laat inrol met ’n werklikheidstelevisieprogram oor hul lewe nie, maar dit is steeds belangrik om hoog te mik. Ander mense gaan dalk sê jy kan dit nie doen nie, maar wat daarvan? As jy in jouself glo, en so hard moontlik werk om iets te bereik, gaan die resultate jou verbaas. En as jy dit nie doen nie, gaan jy die res van jou lewe ander mense gelukkig maak.

Geluk

Nog ’n grote – moenie laat jy jou deur iets laat intrek oor die voordele daaraan verbonde nie. Dit is lekker om baie geld te verdien of bonusse te kry, maar dit beteken niks as jy ongelukkig is nie. Dit maak ook nie saak as jou vriendin dink ’n sekere ou is perfek vir jou nie – as jy nie so voel nie, wat is die punt?

Krag

Dit is waar dat jy nooit werklik weet wat in jou steek voor jy onder druk verkeer nie. Selfs iets so eenvoudigs soos ’n oefensessie kan oorweldigend lyk, maar druk jou so hard moontlik en dit sal jou verbaas wat jy kan vermag. Dieselfde geld vir jou drome – doen ’n bietjie ekstra en wie weet wat jy kan bereik?

Geloof

Is jy seker jy kan sukses behaal as ’n mode-ontwerper? Of is jy doodseker jou sake-idee kan vrugte afwerp? Probeer dit dus, maar onthou daardie onwrikbare geloof dat jy nie kan misluk nie.

© Cover Media