Nuwe navorsing toon tot 58 persent van Suid-Afrikaanse vroue maak asof hulle ’n orgasme bereik wanneer dit nie die geval is nie.

Boonop geniet tot 68 persent van dié vroue dit om voor te gee hulle bereik ’n klimaks sonder dat hul maat dit besef. Die navorsing, wat deur die maatsoekwebtuiste Victoria Milan gedoen is, toon Suid-Afrika se vroue maak die derde meeste hul orgasmes na.

Net vroue in Pole (67 persent) en Noorweë (61 persent) jok meer daaroor.

Die grootste rede vir dié leuen is glo om hul seksmaat tevrede te stel en sy ego te beskerm. Boonop is byna die helfte van die vroue vol vertroue oor hul toneelspel en glo hulle nie hul maat let op dat hulle dit namaak nie.

“Vroue jok al eeue lank oor hul orgasmes, maar ons weet nou eindelik waarom. Dis nie wat mense verwag nie en nie om seks kort te knip nie. Hoewel baie vroue orgasmes namaak om hul maat aan te moedig, geniet hulle dit ook,” het Sigurd Vedal, die stigter en uitvoerende hoof van Victoria Milan, in 'n persverklaring gesê.