’n Professor aan die Universiteit van Cambridge in Engeland sê Britte se sekslewe het sedert die 1990’s afgeneem – en hy verkwalik onder meer TV-reekse soos Game of Thrones, waarmee kykers behep is.

Hy het die afgelope 30 jaar se studies gefynkam waarin Britte aandui hoe gereeld hulle intiem verkeer en sê tegnologie – veral selfone en TV – moet die skuld kry vir ’n afname in bedpret.

Paartjies het glo in 1990 sowat vyf maal per maand intiem verkeer, in 2000 net vier keer en teen 2010 ’n skamele drie keer, oftewel gemiddeld minder as een maal per week.

“’n Paar jaar gelede het TV-kanale nog teen halfelf saans ophou uitsaai en was daar niks anders om te doen nie.”

Maar deesdae lê paartjies tot ounag en kyk die een episode ná die ander, het David Spiegelhalter, ’n professor in openbare risiko, op die Hay-skrywersfees in Wallis gesê.

Boonop speel ons op ons selfoon en tablet, wat ons ook weghou van intimiteit.

“Teen dié trant gaan paartjies teen 2030 glad nie seks hê nie, wat ’n besonder kommerwekkende neiging is,” het hy geskerts.

Bronne: Forbes, Telegraph, ayfestival.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nike staan bankvas agter Maria Sharapova

Huilende slagoffer bly Hewitt se appèl teen tronkstraf vir seksdade misluk

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou