Of so het navorsers tydens die 109de byeenkoms van die Amerikaanse Vereniging vir Seksuologie gesê.

In ’n studie van 100 vroue tussen die ouderdom van 35 en 45 is bevind dat baie vroue gelukkig getroud is, maar steeds elders na seks soek. Dis belangrik om daarop te let dat die deelnemers almal lid was van ’n afspraakwebtuiste wat spesialiseer in buite-egtelike verhoudings.

Terwyl party mense dalk sou dink mense wat sulke webtuistes besoek se huwelik is goor, was nie een van die vroue in die studie van plan om hul maat te los nie.

Gevra hoekom hulle op soek is na ’n affair, het twee derdes gesê hulle het ’n behoefte aan “romantiese passie”.

Dit blyk die oplossing is om tyd in te ruim vir seks. Maar volgens navorsers is dit nie altyd genoeg om sake met ’n bestaande maat op te kikker nie.

“’n Bevinding wat al lank staan, is dat seks met dieselfde persoon vervelig is,” sê die navorser dr. Eric Anderson, ’n dosent in manlikheid aan die Universiteit van Winchester in Engeland en die hoof-wetenskapsbeampte by AshleyMadison.com.

Terwyl party paartjies kan kompromitteer en ’n oop verhouding het, gebeur dit selde. Dalk is die beste raad kommunikasie.

“Baie paartjies, selfs dié wat baie verlief is, weet eenvoudig nie hoe om oor seks te praat nie,” verduidelik dr. Jenni Skyler, ’n seks-en-verhoudingsterapeut en die direkteur van The Intimacy Institute in Boulder in die Amerikaanse deelstaat Colorado.

’n Seksopleidingsklas is ’n goeie beginpunt. Hier word paartjies aangemoedig om te praat oor wat werk en wat nie werk nie en so word kommunikasie in die slaapkamer aangemoedig.

© Cover Media