[caption id="attachment_86361" align="aligncenter" width="600"]Nes Taylor Swift het ons almal maar ons eie bloedrooi-bloos-oomblikke. Nes Taylor Swift het ons almal maar ons eie bloedrooi-bloos-oomblikke.[/caption]

  • Jy word uitgevang terwyl jy oor iemand skinder

Daar staan en deel jy die jongste skinder met ’n vriendin oor iemand by die skool, toe jy besef die persoon het alles gehoor. Praat van ongemaklik!

Doen dit: Erken jy was verkeerd en vra om verskoning. As dit nie ’n goeie vriendin is nie, vra om verskoning en laat dinge daar. Maar as dit iemand is vir wie jy werklik omgee, sal jy harder moet probeer om die skade te herstel.

  • Jy het iets vernederend gedoen

Jy het plat op jou jis voor jou crush geval of in jou neus gekrap terwyl die hele klas toekyk – dié oomblikke voel moes altyd asof dit vir altyd aanhou.

Doen dit: Lag net so hard soos almal – almal sal gouer daarvan vergeet en hulle sal jou nie as ’n ou knorpot onthou wat nie vir hom/haarself kan lag nie.

  • Jou ouers vang jou uit

Jy het vir die ouers gejok en toe verklap iemand jou geheim voor jou ma en pa. Uitgevang!

Doen dit: Sê jy’s jammer en verduidelik dat jy verstaan dat hulle seergemaak en teleurgesteld voel. Gee daarna voorbeelde van hoe jy dinge gaan regstel, soos om die huis skoon te maak of na jou kleinboet om te sien.