Maar te oordeel aan die chaos wat soms uitbreek wanneer winkels ’n groot uitverkoping hou, dink nie almal so nie.

Dit is maklik om hierdie tyd van die jaar verdiep te raak in Kerslysies opstel of te wedywer oor wie die duurste geskenke kry. Maar dit druis teen die gees van die feestyd in – en vrygewigheid kan ook ander voordele inhou. Kom ons kyk hoekom dit jou gesondheid ’n hupstoot kan gee as jy jou op ander mense instel.

Dit verlaag bloeddruk

In 2006 het ’n ondersoek (wat in die International Journal of Psychophysiology gepubliseer is) getoon diegene wat mense in hul sosiale kring help se bloeddruk en slagaardruk is laer as dié wat dit nie doen nie. Dit is baie belangrik, want ongediagnoseerde hoë bloeddruk kan hartaanvalle en beroertes veroorsaak. Jy het sekerlik nie nog aanmoediging nodig om vir jou bure ’n guns te doen nie?

Dit affekteer spanning

Dit sal die meeste mense nie verbaas dat baie ondersoeke al ’n verband tussen geld en spanning getoon het nie. Maar dit is nie net vrese dat jy nie genoeg geld het wat jou gespanne kan maak nie, maar ook besluite oor hoe om die die geld te bestee wat jy wel het. Volgens health.com het ’n ondersoek van die Queensland Universiteit van Tegnologie, wat in PLOS One gepubliseer is, getoon mense wat lae aanbiedinge in ’n knibbelspel gemaak het se hart vinniger het geklop as diegene wat aan die begin hoër gebie het. Nog ’n ondersoek het getoon die streshormoon kortisol skiet die hoogte in onder mense wat nie vir hul maat geld gegee het nie. Blaas dus geld op jou vriende en moenie suinig wees as jy en jou kollegas by die werk Kersgeskenke uitruil nie.

Dit is opbeurend

Dit sal jou waarskynlik verbaas, maar ’n proefneming in 2007 in die vaktydskrif Science het getoon mense wat geld weggegee het, het net so goed gevoel soos diegene wat besluit het om dit te hou. Dit was ook nie ’n karige bedrag nie; ons praat van R1 100. Maar die brein se genotsentrum is op dieselfde manier geaktiveer by die mense wat die geld geskenk het as diegene wat besluit het om dit vir hulself te hou. Dit bewys dit kan jou regtig opbeur om ander mense te help.

Dit is prakties

Ons stel nie voor jy moet al jou aardse besittings of jou Desember-bonus weggee nie, maar dit laat ’n mens goed voel om ander mense eerste te stel. Maak nie saak hoe groot of klein nie, probeer hierdie feestyd uitreik. Om iets vir liefdadigheid te skenk is ’n goeie manier om te begin as jy nie baie tyd het nie. Skenk eenvoudig wat jy kan bekostig. Selfs ’n klein bedrag maak ’n verskil. Sopkombuise soek ook altyd vrywilligers. Of pak jou kaste reg en gee van jou klere aan ’n skuiling vir haweloses.

© Cover Media