’n Pel wat jou liefhet vir wie jy is en nie wat jy het nie, is beslis een wat jy moet koester.

Vriende kom en gaan, en dis deel van die lewe, maar daar is dié wat in swaarkry by jou bly; dis hulle wat werklik omgee vir jou.

Hier is vier belangrike bestanddele vir ’n lang, gelukkige vriendskap:

Vertroue  

Dis ’n baie belangrike deel van vriendskap, want sonder vertroue kan jul vriendskap maklik wankelrig raak. Vertroue is nodig in ’n gesonde vriendskap sodat daar eerlikheid en kommunikasie kan wees.

Liefde

Ware vriende wys altyd hul liefde en waardering vir mekaar. Moenie jou pel as vanselfsprekend aanvaar nie. En doen alles wat jy vir hulle doen, met liefde.

Eerlikheid

Iemand kan nie werklik jou vriend wees as hulle jou nie die waarheid kan vertel nie. Die waarheid maak soms seer, maar dis ook wat ’n vriendskap sterk hou. Probeer dus openlik met jou vriende oor jou gevoelens praat.

Respek

Respek herinner jou hoeveel jy jou vriend of vriendin waardeer. Nog ’n teken van respek, is as jy kan jammer sê wanneer jy jou pel lelik behandel het.

-        Tsakane Ndlovu