Jy is op ’n afspraak met iemand wat jy al lank bemin; die gesprek loop vlot en julle flankeer alte lekker. Dan duik die onderwerp oor loopbaandoelwitte op: Waar wil hulle oor 10 jaar wees? “Ek wil ’n  TV-program aanbied,” antwoord hulle doodernstig.

Rol jy jou oë of toon jy belangstellings in hul aspirasies? Plaas hul bisarre drome ’n demper op jou eie aspirasies?

Bea Arthur, ’n gelisensieerde geestelike berader, het haar wenke met Refinery29.com gedeel oor hoe jy kan verseker jy maak in so ’n situasie die regte besluit maak, pleks dat jy die saak vooruitloop en op lang termyn spyt is.

As jy nie jou wederhelf se doelwitte kan ondersteun nie, glo sy dit beteken dalk jy stel hoë standaarde vir jouself en dié om jou, wat kan veroorsaak dat hulle hul ware gevoelens en gedagtes van jou wegsteek.

“Eerlikheid is die beste beleid, en vertroue is ’n vereiste vir enige verhouding,” noem sy.

“Dit is uiters belangrik om in ’n verhouding veilig en bekragtig te voel. Trouens, een van die hoofmotiverings vir ontrouheid is dat mense noem hulle voel ‘alleen’ of asof hulle nie eerlik met hul maat kan wees nie.”

Ons raai jy wil nie hê dit moet gebeur nie; is jy dus ontvanklik vir ’n paar wenke van die kenner? Sou jy jou meisie of kêrel bystaan as hulle aan die begin van jul verhouding vertel hulle is byvoorbeeld betrokke by digitale bemarking, maar dan later die musiekbedryf wil betree? En nog belangriker, sou jy van die begin af so baie belanggestel het as hulle toe al oor hul ware droom gepraat het?

Dit is dalk ’n vreesaanjaende vooruitsig om jou maat te ondersteun terwyl hulle hul droom probeer najaag , maar solank hulle op ’n manier ’n inkomste daaruit verdien, behoort dit jou nie te veel te pla nie.

“Al bekommer die onstabiliteit en onsekerheid van hierdie nuwe situasie jou, moedig ek jou aan om jou keuse te grond op liefde, nie vrees nie,” voeg Bea by. “Almal verdien dit dat hul drome ernstig geag word, al klink dit nie ernstig nie. Wie weet? Dit is dalk selfs nie ’n blywende besluit nie.”

As julle albei jonk is, lê die wêreld oop voor julle. Gee hulle die voordeel van die twyfel – dalk jaag hulle hul musiekdrome na en word die volgende Pharrell Williams. En as die sukses nie so maklik kom nie, moet jy dalk met hulle oor hul opsies praat, maar hulle steeds ondersteun.

En as julle ouer is met ’n gesin om te ondersteun, glo Bea die persoon se volwassenheid en verantwoordelikheid sal op die ou end seëvier; hulle sal nie hul loopbaandrome bo hul kinders se welstand ag nie.

As jy werklik glo jy kan nie jou maat se drome ondersteun nie, moet jy heeltemal eerlik daaroor wees, pleks dat jy hulle aan ’n lyntjie hou. En maak seker jy verduidelik dit is jou uitgangspunt wat jou so laat voel pleks van hul loopbaankeuse – niemand verdien dit dat hul drome verwerp word nie.

© Cover Media