• Dit is belangrik om te weet daar is nie so iets soos privaatheid op die internet nie. Alles wat jy op sosiale media deel of plaas, word dadelik deel van die aanlyn omgewing, selfs as jy dit agterna vinnig verwyder.
  • Leer meer oor die veiligheids- en privaatheidsopsies wat sosiale media jou bied. Dié funksies is daar om jou beskerm en jou aanlyn ervaring te verbeter.
  • Wees versigtig vir apps of webtuistes wat jou geografiese besonderhede bekendmaak. Jou woonadres kan dalk sonder jou kennis aan vreemdelinge bekendgemaak word; maak dus seker dat jy dit as privaat instel.
  • Oorweeg dit om verskillende sosialemediaprofiele vir jou professionele en persoonlike lewe te hê. Wees ook versigtig oor wat jy op sosiale media sê en watter foto’s jy oplaai, want dit kan jou professionele reputasie skade berokken.
  • Moet nooit jou geboortedatum op sosiale media deel nie. Dit skep die perfekte geleentheid vir identiteitsdiefstal.
  • Hou jou privaatheidsinstellings gereeld dop. Moenie net aanneem jou inligting is veilig nie.
  • Wanneer een van jou vriende iets plaas of deel wat jou ongemaklik laat voel of jy dink onvanpas is, moet jy dit aanmeld en die persoon in kennis stel.
  • Moenie enige aanlyn speletjies of ander apps toegang tot jou privaat inligting gee nie.
  • Moenie sonder meer enige versoek aanvaar om iemand aanlyn te bevriend nie, selfs al het julle gemeenskaplike vriende.
  • Maak gebruik van verskeie wagwoorde en verander dit ook gereeld. Maak ook seker jou wagwoord vir sosiale media verskil van dié van jou e-pos.
  • Moenie apps of webtuistes toegang tot jou kontakte op jou e-pos of foon toelaat nie.

- Janine Nel