1. Jy stuur “per ongeluk” ’n blanko boodskap sodat jy met hulle kan gesels. Enige verskoning sal werk!
  2. Jy gaan dalk waarskynlik 12 keer per dag hul Facebook-blad nagaan. Dalk selfs 13 keer.
  3. Jy kan nie die breë glimlag van jou gesig afvee wanneer jy sien hulle het vir jou ’n boodskap gestuur nie.
  4. Jy sorg dat jy jouself tussen hom/haar en ENIGE MEISIE/OU WAT MET HOM/HAAR GESELS inwurm.
  5. Jy lag vir al hul grappies. Selfs dié wat flouer as ’n tenniswedstryd is. Skreeusnaaks!
  6. Jy vang hom na jou staar. En hy vang jou waar jy na hom staar. En dan vang jy hom weer waar hy na jou staar. En dan . . . wel, jy weet wat ons bedoel.
  7. Jy is min gepla met ander ouens/meisies. Jy het net oë vir hom/haar. Te oulik.
  8. Jy smeer ’n ekstra lagie lipglans aan die einde van die biologieklas aan want jy weet jou volgende musiekklas is saam met hom. Jy gaan kyk pouse in die badkamer of jou hare oukei lyk ingeval jy haar raakloop.
  9. Jy voel dat hy/sy jou verstaan.
  10. Jy tob oor hoe lank jy moet wag voor jy op hul Facebook-boodskap reageer.
  11. Jy doen ekstra moeite om te verseker hul vriende is mal oor jou. .
  12. Jy praat pouses die heeltyd oor hom/haar.
  13. Jou iPod is propvol liedjies van Nicki Minaj (want dis sy/haar gunsteling-sanger).
  14. As julle op die foon gesels en jy moet aflui, dink jy aan iets anders om te sê sodat julle nog vir ’n minuut of twee langer kan gesels.
  15. Jy lees boodskappe wat hulle vir jou gestuur het oor en oor.
  16. Al is jy haastig om by jou volgende klas uit te kom, stap jy baie stadig as jy saam met hom/haar is.
  17. Skielik voel elke liriek of liefdesliedjie asof dit jou gevoelens perfek opsom.
  18. Hy/sy is al waaraan jy dink.
  19. Jy kyk twee keer as iemand dieselfde parfuum/reukwater as hulle aanhet.
  20. Jy dink aan hom/haar terwyl jy hierdie artkel lees. Om die waarheid te sê, jy het so hard aan hom/haar gedink, dat jy nie besef het daar is nie ’n nommer agt nie!