1. Julle is op ’n oorvol bus en jy sien hy staan dadelik op om vir ’n bejaarde vrou sy plek aan te bied. Wie’t gesê goeie maniere bestaan nie meer nie?!
  2. ’n Groep ouens baklei pouse maar in plaas van om saam appels te swaai, probeer hy die vrede bewaar. Hy glo nie geweld los ’n probleem op nie. Beslis ayoba!
  3.  ’n Vriendin bestel iets op die spyskaart wat jy nie eet nie en jy is te skaam om te sê, maar nog voor jy iets kan sê, het hy reeds laat hoor jy kan dit nie eet nie en iets anders voorgestel. Sjoe, hy het sowaar geluister!
  4. Dis julle eerste afspraak en jy sien hy dra nuwe klere en het meer moeite as gewoonlik met sy hare gedoen. Hy wil goed lyk en probeer jou beïndruk – en dit werk beslis!
  5. Sy jonger broers en susters aanbid hom en hou daarvan om saam met hom uit te hang. Dis beslis ’n goeie teken!
  6. Hy respekteer jou tyd saam met jou vriende en laat jou nie skuldig voel oor hy jou nie genoeg sien oor naweke nie.
  7. Hy stuur vir jou die oulikste boodskap as jy dit die minste verwag net om jou te laat weet hy dink aan jou. Oulik!
  8. Hy hou van lekker kuier saam met sy pêlle, maar word nie maklik beïnvloed nie – hy is eintlik die een by wie almal aanklop as daar moeilikheid is. Lojaal + betroubaar = ’n besliste JA!
  9. Hy het opinies en is nie skaam om dit te lug nie! Soos as jy hom beledig as julle stry en hy jou daaraan aanvat – hy sê vir jou as jy soos ’n bedorwe brokkie optree.
  10. Julle is by ’n musiekfees saam met ’n groep vriende en gaan kyk na verskillende musiekgroepe. Hy bel jou ’n uur later om te hoor of jy oukei is en jou te laat weet waar hulle is.
  11. Hy weet wanneer om te luister – soos as jy met jou gesin baklei of ’n rowwe dag by die skool gehad het – en hoe om jou dan te laat skater van die lag.
  12. Hy is nie skaam om voor sy vriende te wys hy gee om nie.
  13. Dit maak nie saak hoe jy lyk nie, of jy nou in jou sweetpakbroek of pajamas rondloop, hy sal jou altyd ’n drukkie gee!
  14. Hy is maklik om oor die weg mee te kom en sal die nuwe outjie in die klas vra om pouse saam krieket te speel sodat hy almal kan ontmoet.
  15. Hy steur hom nie aan gewild wees nie en het nie 765 vriende op Facebook nodig om koel te wees nie.
  16. Hy lag altyd vir jou grappies al dink almal dis super flou!
  17. Jy kan oor enigiets met hom praat – jou wens en drome – en hy sal jou 100 persent ondersteun.