1. Moenie dat jou ma of ouma ’n stemposboodskap moet los omdat jy nie lus het om van die rusbank af te rol nie.
  2. Sê vir jou broer wat toe eintlik in 2005 met sy kat, Spotty, gebeur het.
  3. Skenk jou klere aan liefdadigheid sodat hulle dit vir iemand kan gee wat dit nodig het.
  4. Vergeet van Facebook en doen dinge op die ou manier: Koop ’n paar oulike kaartjies en skryf verjaardagwense eerder met die hand.
  5. Gaan stem altyd in verkiesings – ja, selfs al reën dit of selfs al is die jongste episode van The Vampire Diaries op TV.
  6. Maak by die volgende familietroue jou ma of pa se aand deur by hom/haar aan te sluit vir ’n uitspattige dans op jou gunsteling-liedjie.
  7. Gaan uit jou pad om gaaf te wees met die vreesbevange nuweling by die skool.
  8. Moenie vir jou kêrel sê in ’n brand sal jy waarskynlik eers jou skoene en dan vir hom red nie (selfs al is dit waar).
  9. Skuif in die bus of trein op sodat iemand anders ook ’n sitplek kan kry.
  10. Herwin jou vullis; dalk red jy so die wêreld!

- Janine Nel