1. Ons is nie so pervers soos julle dink ons is nie.
  2. Ons haat dit as julle ons komplimente oor hoe mooi julle is betwyfel. Aanvaar dit net met grasie!
  3. Moenie besonderhede oor jou maandelikse siklusse verklap nie – dit freak ons uit!
  4. O, en PMS is nie ’n verskoning om ons sleg te behandel nie.
  5. Net omdat jy dink jy’s altyd reg, beteken nie jy hoef nie jammer te sê as jy verkeerd is nie.
  6. Moenie vir ons vertel hoe oulik jou eks was nie; dit sit ons af!
  7. Julle verwag ons moet oulike goed doen en sê, maar dit geld ook vir ons. Dit sal lekker wees as julle af en toe dieselfde doen.
  8. Hierdie een is belangrik, so onthou dit: As ons sê jy is nie vet nie, kan jy ons maar glo.
  9. Ons kan nie altyd spontaan wees nie, so probeer om ons soms te help planne maak.
  10. En laaste maar nie die minste nie: Ons weet jy is nie altyd reg nie, maar ons sal in elk geval maak of jy is.

- Janine Nel