Met die kies van beligting moet jy die doel daarvan in ag neem – die vermoë om die luim aan te vul wat jy in die ruimte wil skep en spesifieke kenmerke of stellingmeubels te beklemtoom. Dis ook belangrik om te dink oor wat jy in die vertrek gaan doen en hoe die beligting gebruik sal word. Hier is die hooffunksies van beligting om te oorweeg wanneer jy ligte vir jou ruimte koop:

[post-slider]

Hou dus die doel van beligting in gedagte wanneer jy finaal besluit. Probeer ’n laag-op-laag-effek skep met die verskeie beskikbare beligtingsmoontlikhede. Al die keuses maak die proses dalk vir jou oorweldigend en verwarrend. As jy twyfel, kry die hulp van ’n beligtingskenner.

2103 diy snippet image 11 (Rene)Deur Renée De Waal

Interior Creators bied ’n aanlyn spesialisbinneversieringsdiens vir huise, kantore en winkels, met die klem op die selfdoen- en -selfkoop-tendens. Interior Creators bied ook toegang tot produkte en diensverskaffers sodat kliënte self kan kies watter afwerking en meubels, nuut sowel as opgeknap, hulle verkies.