???????????????????

1. Was

Kies ’n sjampoe en opknapper volgens jou haarsoort, en maak seker dit bevat bestanddele soos silikoon, wat die haarwand glad maak. Laat die opknapper minstens vyf minute aanbly en druk dan droog met ’n handdoek. Moenie vryf nie.

2. Voorberei

Vryf ’n ertjiegrootte teenkroes-produk tussen jou hande en trek jou vingers deur jou hare tot by die punte. Konsentreer op die buitenste hare. Spuit ’n hitteskerm aan.

3. Droogblaas

Vir reguit, gladde hare, gebruik ’n groot ronde borsel en skroef die haardroër se kop aan. Blaas die hare afwaarts om die haarwand nie te versteur nie. Doen dit tot die hare heeltemal droog is.

4. Versprei

As jy jou hare krullerig wil dra, skroef ’n aanhegsel wat die lug versprei aan die haardroër. Blaas jou hare van onder af droog. Druk stroke hare van die punte af op om die krul te behou.

5. Behandel

Gee jou hare ’n 10 minute lange diepte-opknapbehandeling met keratien om die haarwand te seël en te beskerm.

- Lerato Seuoe, Skoonheidsredakteur: Huisgenoot, YOU en Drum

Lerato Seuoe