Het jy nog altyd ’n kunshoekie of tuisgim begeer? Daar is heelwat blink idees wat jy vir jou spaarkamer kan oorweeg.

Kreatiewe ruimte: Skep ’n vertrek vir naaldwerk, plakboekery of kuns. ’n Stokperdjievertrek bied jou ruimte waar jy sonder onderbreking kan droom  en skep.

[caption id="attachment_68020" align="aligncenter" width="600"]Foto's oorgespeld van coletterie.com en 8balloons.com Foto's oorgespeld van coletterie.com en 8balloons.com[/caption]

Mediavertrek: As jy jouspaarkamer in ’n mediavertrek omskakel, sal jy meer beheer oor lig- en klankgehalte hê, want dit word binne ’n geslote ruimte bestuur pleks van in ’n oopplan-leefarea. Die meubels kan vir die doel ontwerp of gekies word met die meeste gemak en funksionaliteit in gedagte vir die beste 3D- en omkringklank-ervaring.

[caption id="attachment_68021" align="aligncenter" width="500"]Foto oorgespeld van houzz.com Foto oorgespeld van houzz.com[/caption]

[caption id="attachment_68022" align="aligncenter" width="600"]Foto oorgespeld van briskliving.com Foto oorgespeld van briskliving.com[/caption]

[caption id="attachment_68023" align="aligncenter" width="600"]Foto oorgespeld van cdn.freshome.com Foto oorgespeld van cdn.freshome.com[/caption]

Oefenvertrek: Pleks van elke maand gimgeld te betaal of geld uit te gee om êrens anders heen te ry, belê in toerusting en omskep jou spaarkamer in ’n tuisgim of jogavertrek. Dit moedig jou dalk aan om ’n gesonde en aktiewe lewenstyl te volg. Laat installeer muur-tot-muur-spieëls om die ruimte te verbeter en die illusie van meer ruimte te skep.

[caption id="attachment_68024" align="aligncenter" width="600"]Foto oorgespeld van sprungfloors.com Foto oorgespeld van sprungfloors.com[/caption]

[caption id="attachment_68025" align="aligncenter" width="378"]Foto oorgespeld van blindsmax.com Foto oorgespeld van blindsmax.com[/caption]

Gastekamer: As jy nog nie die luukse gehad het om vir gaste gerieflike verblyf te bied nie, is dit nou tyd om jou spaarvertrek in ’n heerlike gaste-ervaring te omskep. Voeg kleur, gemak en bykomstighede by die vertrek.

[caption id="attachment_68026" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van iondecorating.com Foto’s oorgespeld van iondecorating.com[/caption]

[caption id="attachment_68027" align="aligncenter" width="600"]Foto oorgespeld van iondecorating.com Foto oorgespeld van iondecorating.com[/caption]

Die moontlikhede vir ’n leë vertrek is eindeloos. Sorg net dat die vertrek met ’n nuwe doel by die res van jou huis en jou lewenstyl aanpas.

Deur Renée de Waal

Interior Creators bied ’n gespesialiseerde aanlyn binneontwerpdiens vir huise en kantoor- en kleinhandelruimtes deur die doen-dit-self- en koop-dit-self-neiging te bevorder en vervul. Interior Creators verskaf ook toegang tot produk- en diensverskaffers wat klante in staat stel om hul ontwerpbehoeftes te vervul wat nuwe en herskepte afronding en meubels betref.