Wanneer jy jou winterklere wegpak, is dit raadsaam om die verskillende soorte saam te bêre: langbroeke in een houer, dan bloese en toppies saam, en so aan. Dit sal jou help sien hoeveel jy van alles het, en die uitpak volgende herfs vergemaklik.

200019728-001

Ek het begin deur hopies te maak.

  1. Winterhopie
  2. Liefdadigheidshopie
  3. Selfdoen-hopie
  4. En laastens die somerhopie J

Winterhopie:

Dis tyd om jou winterhopie weg te pak of in jou klerekas na agter te skuif. Dis die beste om jou buiteseisoen-klere onder jou bed, op die boonste rak van jou kas, of buite die huis (in die motorhuis, buitegeboue, kelder of solder) weg te pak. Deursigtige, plastiese houers beskerm jou klere en maak dit maklik om die inhoud te sien. As jy jou gunsteling-baadjie vir ’n vakansie nodig het, kan jy dit blitsvinnig opspoor.

Liefdadigheidshopie:

Dis die klere wat ek die afgelope twee maande nie gedra het nie. Ek dink as jy iets twee, drie maande nie gedra het nie, moet jy oorweeg om dit aan liefdadigheid te skenk. Iemand anders sal dit beslis waardeer.

Selfdoen-hopie:

Iets wat ek gemaak het, iets waarvan ek nie ontslae wil raak nie of wat ek dalk in iets anders kan omskep wat ek sal dra.

Somerhopie:

Dit het my laat glimlag; die somer is eindelik hier. Ek het my somerhopie van verlede jaar uitgepak, en was verbaas oor wat daarin was. Serpe in pragtige kleure, T-hemde, somersrokke. Ek is so opgewonde, want ek kan die serpe nou as tulbande dra, iets waarna ek deesdae gek is.  Moenie van daardie mooi, sagte, vierkantige serpe ontslae raak nie; hulle maak pragtige kopdoeke of tulbande J.

Ek het baie items gekry waarvan ek vergeet het. Daar was byvoorbeeld my notaboekie, waarin ek doelwitte vir die jaar neergeskryf het. Soms dink ’n mens jy is nêrens heen op pad nie, maar toe ek my doelwitte lees, het ek besef hoeveel ek bereik het. Ek is dalk nog nie waar ek wil wees nie, maar ek beweeg beslis in die regte rigting. Dit maak my baie gelukkig.

Wie sou kon raai klerekas reg pak kan so inspirerend wees?

Geniet die somer!

WagheebaDeur Wagheeba January