Geskik vir die doel    

Die eerste en belangrikste oorweging is watter doel die vensterbedekking moet dien. Neem ligbeheer, privaatheid en energiedoeltreffendheid in ag wanneer jy vensterversiering kies wat geskik is vir die doel van die spesifieke vertrek.

  • Slaapkamer of TV-kamer: Om glans op skerms te voorkom of te keer dat die oggendson jou wakker maak is gordyne of Romeinse blindings met ’n verdonkerende voering die doeltreffendste.
  • Sitkamer: Hier kan jy meer moontlikhede beproef, soos deursigtige of laag-op-laag gordyne; selfs blindings en luike. Maar energiedoeltreffendheid is belangrik, want dit keer dat die vertrek te warm of te koud raak.
  • Badkamer en kombuis: Blindings en luike lyk mooi, en dit verg boonop min onderhoud.

Soorte vensterversiering

[caption id="attachment_69708" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van: bhg.com,  bqdesign.com.au en hit-decor.net Foto’s oorgespeld van: bhg.com, bqdesign.com.au en hit-decor.net[/caption]

[caption id="attachment_69709" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van: designsponge.com en blindsbrothers.ca Foto’s oorgespeld van: designsponge.com en blindsbrothers.ca[/caption]

BLINDINGS

Wonder jy waar ’n mens begin? Daar is drie hoofsoorte blindings: Venesiese, Romeinse en rolblindings.

  • Venesiese blindings bied buigsame lig- en hittebeheer, en dis gewoonlik in hout- of aluminium-afronding te kry. Deur die latte te verstel, kan jy meer of minder lig en lug die vertrek laat binnekom.
  • Romeinse blindings vou op wanneer dit oop is en lê plat wanneer dit toe is. Dit word van ’n wye verskeidenheid materiaal vervaardig.
  • Rolblindings werk met ’n koordstelsel en is in ’n verskeidenheid materiale te kry wat verskillende hoeveelhede son en lig deurlaat, van baie tot ondeursigtig.

[caption id="attachment_69710" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van: forum.hr; vtwonen.nl en rhbabyandchild.com Foto’s oorgespeld van: forum.hr; vtwonen.nl en rhbabyandchild.com[/caption]

GORDYNE

Hitteskommelings kan met behulp van gordyne verminder word, afhangende van die materiaalweefsel en kleur. In die somermaande kan ligte gordyne byvoorbeeld die son se strale weerkaats en so die temperatuur in ’n vertrek merkbaar verminder.

Deursigtige en verdonkerende materiaal in lae kan help keer dat gordyne te swaar raak. So kan jy bedags lig inlaat, maar die verdonkerde deel toetrek wanneer die lig te helder is of dit vuurwarm begin raak.

[caption id="attachment_69711" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van: oceaniaislandliving.blogspot.com , bhg.com en fraserjamesblinds.co.uk Foto’s oorgespeld van: oceaniaislandliving.blogspot.com , bhg.com en fraserjamesblinds.co.uk[/caption]

LUIKE

Vensterluike hou talle voordele in, soos temperatuurbeheer en beskerming teen die weer, asook ekstra veiligheid as jy veiligheidsluike van aluminium kies.

Nes blindings, het hortjiesluike beweegbare panele wat ventilasie en natuurlike daglig by ’n vertrek inlaat; dit blokkeer ook van die regstreekse uitstraling. Jy kan luike gebruik saam met ander vensterversierings, soos gordyne, vir beter insulasie.

Nadat jy ’n opsie gekies het, loer rond vir die beste kleur, afronding en prys. Neutrale kleure en afronding hou die langste. Jy kan dit ophelder met bykomstighede soos wegbinders. Maar as jy jou ruimte kleur wil gee, hou by tydlose patrone en kleure wat jou meubels se materiaal aanvul.

0703 decor image 11 (Janel)Deur Janel Nell

Interior Creators bied ’n spesialis-, aanlyn binneversieringsdiens vir huise, kantore en winkels, met die klem op die selfdoen- en -selfkoop-tendens. Interior Creators bied ook toegang tot produkte en diensverskaffers sodat kliënte selfs kan kies watter afwerking en meubels, nuut sowel as opgeknap, hulle verkies.