Die Japannese het ’n kenmerkende, funky en individuele sin vir styl. Hier is die drie gunstelinge wat daardie unieke stylvolheid uitbeeld.

1. Oosterse kleedstof 

Tao Okamoto

Tao Okamoto dra ’n Miharayasuhiro-uitrusting by die première van The Wolverine. Hierdie Japannese model en aktrise lyk verruklik in die metaalblink rok met geborduurde blomme en ’n titseltjie kamoeflering.

Kry inspirasie vir hierdie Oosterse voorkoms hier: Geplooide peplum-bostuk deur Loin Cloth & Ashes R740

2. Oosterse skoonheid

Rila Fukushima

Rila Fukushima lyk asemrowend in hierdie skouerlose blou-en-swart gestreepte oorpak. Dis ’n voorherfs-2013-skepping deur Stella McCartney en laat hierdie Japannese model en aktrise uitstaan by die première van The Wolverine.

Gek oor die blou-en-swart voorkoms? Kyk hierna: Theresa-kleurbloktuniek van Amanda Laird Cherry R495 

3. Oosterse versiering

Rinko Kikuchi

Rinko Kikuchi dra ’n Fausto Puglisi-herfs-1013-skepping by die première van Pacific Rim. Hierdie swart versierde rok met twee splete is ’n bietjie gewaagd, maar lyk pragtig en pas haar figuur.

Op soek na iets met ’n Japannese patroon? Kyk hierna: Tuniek met Japannese patroon van Crave R460

- Jeani Tutt

Foto: Elite Photo Agency