Vandeesweek kyk ons na die bes gekledes by die onlangse MTV Video Music Awards.

Gewaagde kombinasie

Die Teen Wolf-ster Holland Roden het asemrowend gelyk in hierdie Naeem Khan-skepping. Dis gewaag om ’n balromp oor ’n sigaretlangbroek te dra, maar sy kry dit pragtig reg.

Kry jou sigaretlangbroek hier.

Blommemeisie

Die sangeres Ariana Grande het ’n geblomde Kenley Collins-skaatsrok gedra. Sy het wit hofskoene daarby gekies en vreeslik oulik gelyk. Kry jou blomme-toebehore hier en hier.

Swierig in swart en wit

Jennifer Hudson het fantasties gelyk in hierdie Christian Dior-top en -romp. Dit kom uit sy Herfs 2013-versameling. Op soek na so iets? Klik hier en hier.

- Jeani Tutt

Foto's: elitephotoagency.com