Full range

Die bekendstelling van Pond’s se nuwe anti-ouderdomsreeks, Gold Radiance,t was ’n glansryke affêre. Die ewig skitterende Jo-Ann Strauss was seremoniemeesteres en Simphiwe Dana het vir die vermaak gesorg. Die glinsterende, goud-geïnspireerde dekor het regte orgideë ingesluit wat in glasbuise van die plafon gehang het. Très indrukwekkend.

main

Ander plaaslike sterre daar het ingesluit Joan Ramagoshi (oud-Mej. SA en sakevrou), Shashi Naidoo (aktrise, model en TV-aanbieder), DJ Fresh van 5FM en sy vrou, Thabiso Sikwane, Boity Thulo (aktrise), Sonia Booth (model en sakevrou), Pearl Thusi (TV-aanbieder en aktrise) en Mbali Mlothswa (aktrise)

[caption id="attachment_48500" align="aligncenter" width="600"]Bo, van links: Joan, Shashi, Thabiso en Fresh, en Boity. Onder, van links: Sonia, Pearl en Mbali. Bo, van links: Joan, Shashi, Thabiso en Fresh, en Boity. Onder, van links: Sonia, Pearl en Mbali.[/caption]

Ek het gesels met Olwethu Mlawu, die (beeldskone) gesig van Pond’s Suid-Afrika en sy sê al hou sy baie van die nuwe reeks, bly haar gunsteling-produk van Pond’s steeds Flawless Radiance-oogroom. Die TV- en radio-aanbieder Jen Su is egter baie geïmponeer deur Gold Radiance. Sy het my vertel sy’s mal oor die serum want dis lig en laat haar vel met ’n delikate glans. Shashi Naidoo is weer gek oor Flawless Radiance BB Cream. “Dit knap my vel perfek op,” sê sy.

[caption id="attachment_48491" align="aligncenter" width="800"]Van links: Sashi, Olwethu en Jen Van links: Sashi, Olwethu en Jen[/caption]

Ná ’n happie te ete (heerlike mini-Waldorfslaaie inkluis) is ons bederf met ’n verassingsmodevertoning deur David Tlale. Die modelle het op die loopplank gekom in goue mantels en het dit afgegooi om manjifieke goue skeppings te onthul wat weelderig en praalryk verby was, baie soos David self.

[caption id="attachment_48492" align="aligncenter" width="800"]Die modevertoning. Links onder is David en Jo-Ann. Die modevertoning. Links onder is David en Jo-Ann.[/caption]

Ek het veral van hierdie rok gehou, meestal omdat dit my laat dink het aan ’n Ferrero Rocher-sjokoladeballetjie . . .

Ferrero Rocher dress

Ek en Lauren Watters van Dear Heart Beauty het geïnspireer gevoel (en dalk was ons ’n klein bietjie geswaai weens al die sjokoladesopies wat die poedingtafel versier het) om ons eie modevertoning te hou met die afgegooide mantels. Terwyl ons gedink het ons is goue godinne, vermoed ek nou ons lyk meer soos waansinnige Lindt-hasies wat uit hul sjokoladepapier ontsnap.

Cloaks

Namate die aand verbygedwarrel het, het ek teruggedryf na die poedingtafel waar ek met prediabetes geflankeer het danksy ’n oormaat sjokoladegedoopte aarbeie en witsjokolade-makrolletjies. Ek sou waarskynlik die hele tafel weggesluk het as dit nie was dat ons bussie opgedaag het om ons terug hotel toe te neem nie. Maar die bederf het nie daar opgehou nie. Ons het almal die hele Gold Radiance-versameling present gekry plus ’n enorme bottel Veuve Clicquot-sjampanje. Giiiiil.

Goodie bag

Ek kon nog nie alles in die reeks beproef nie, maar is reeds diep beïndruk met die Youthful Glow Day Cream (R189,99). Behalwe dat dit aandniasien bevat wat die velkleur vlei, bevat dit ook retiniel palmitaat (stryk plooie weg) en het dit ’n SBF van 15. Ek hou ook daarvan dat dit jou vel met ’n subtiele glans laat danksy egte goue mikrodeeltjies.

Day creamAs jy dus mal is oor die idee om jou vel in goud te tooi soos Cleopatra, hou jou oë oop vir Pond’s se nuwe Gold Radiance-reeks. Dis nou in die winkels en die pryse wissel van R114,19 tot R214,99.

Leigh-135x90Leigh van den Berg is ’n vryskut- mode-en-skoonheidskrywer van Kaapstad. Sy is gek oor meisie- en glinstergoed en is veral trots daarop dat sy jou parfuum 10 tree ver kan uitken. Niks maak haar meer opgewonde as nuwe skoonheidsgoetertjies nie, behalwe miskien sjampanjedrankies, klapperlekkers en daai ou wat Dean in Supernatural speel. Lees haar blog by Lipgloss is my Life en volg haar op Twitter @lipglossgirl 

Lees Leigh se vorige blog by:

Die beste produkte wat ek onder oë gekry het