[post-slider]

’n Tiener van Nieu-Seeland maak naam met sy gespot op Instagram met glansmense se foto’s.

Liam Martin (17), wat foto’s onder die naam @waverider deel, het miljoene aanhangers op Instagram danksy sy gespot met foto’s van bekendes. Hy het Miley Cyrus al op haar sloopbal nageaap en ook Kim Kardashian op die voorblad van Vegas Magazine.

Liam het aan The Huffington Post gesê hy het daarmee begin nadat hy een keer soos Little Mermaid aangetrek het. “Die foto was gewild en blykbaar het dit mense vermaak; toe besluit ek om aan te hou daarmee.”

Hy spreek hom ook sterk uit teen kuberboelies. “Wat ek doen, kry baie neerhalende aanmerkings. Mense moet versigtig wees oor wat hulle vir ander sê en verskille aanvaar, in plaas daarvan om mekaar te probeer afbreek.”

- Edna Isaacs

Bron: huffingtonpost.com