STORT

TOPWENKE

  • Gebruik ’n lyfborsel op droë vel voor jy in die stort klim. Begin by jou voetsole en beweeg dan opwaarts, dan van die hande na die skouers toe en op jou bolyf in ’n opwaartse rigting. ’n Lyfborsel raak van dooie vel ontslae, verbeter bloedvloei en help jou lyf gifstowwe uitskei.
  • Gebruik ’n lyfskrop voor jy skeer om te keer dat dooie vel jou skeermeslem verstop.
  • Stortjels en lyfwasmiddels is gewoonlik sagter op jou vel as seep.

BAD

TOPWENKE

  • Maak die beste gebruik van jou tyd in die bad deur ’n gesigmasker te gebruik terwyl jy week.
  • Die gemiddelde temperatuur vir badwater moet net warmer as jou liggaamstemperatuur (die gemiddeld is 37 grade C) wees. Water wat te warm is, kan jou hartklop laat versnel.
  • Voeg vars kruie en blomme, soos laventel of rose, by jou bad.

Deur: Suzanne Kotze