0611 Beauty Brokkie Image 1

Dis somer en tyd vir pret in die son. Lyk op jou mooiste in ligte somersrokke, laat jou gladde, sexy bene op hul beste lyk in sandale, glip in ’n bikini vir ’n kuier langs die swembad of op die strand.

’n Deeglike roetine van haarverwydering is noodsaaklik om jou somermooi te laat lyk. Dit hoef nie ’n lastige takie te wees nie – Veet het goeie raad vir pragtige, streelgladde vel.

Bene wat gloei

Een manier om jou bene ’n goue somergloed te gee, is met ’n daaglikse aanwending van een van die nuwe sonverbruin-vogrome wat jou vel geleidelik bruiner laat lyk. Nog ’n wenk van Poppy Ntshongwana, ’n ambassadeur van Veet-skoonheidsgeheime, is om produkte wat jou vel verbrons en laat skitter, liggies aan jou bene te wend.

Oraloor glad

Stoppels in die bikini-gedeelte lyk grillerig en is ongemaklik. Jy kan daarvan ontslae raak deur die hare ’n paar dae te laat uitgroei sodat dit deur die knoppies groei. Nog ’n manier om van ingegroeide hare en stoppels ontslae te raak is om dié deel gereeld te skrop. Jy kan ook van die hare ontslae raak met bevogtigende haarverwyderingsrome of waks, pleks van te skeer. Jy kan ook ingroeihare verwyder deur ’n warm, nat waslap daarop te sit. Dit sal die hare na die oppervlakte bring sodat jy dit maklik kan verwyder.

Moenie aan stoppels of ingroeihare krap nie. Jy kan die vel stukkend krap, wat ontsteking en merke kan veroorsaak. Aloe vera-jel sal ontsteking voorkom. Veet se reeks produkte vir sensitiewe vel bevat aloe vera en vitamien E wat die vel voed.

Daardie lelike skaduwee onder jou arm 

Deur enige Veet-produk gereeld te gebruik sal jy verseker die onderarmhare groei dunner en yler uit sodat daardie onooglike skaduwee minder sigbaar is.  Jy kan ook self aan die werk spring – aartappel, komkommer en suurlemoen bevat antibakteriese en antiseptiese eienskappe en bleik die vel op natuurlike wyse.  Sny dit net in die helfte en smeer onder jou arm voor jy gaan slaap.

Bron: Veet SA

Lerato SeuoeDeur Lerato Seuoe, skoonheidsredakteur, Huisgenoot, YOU & Drum