Onderlaag: Hou onderlaag lig, soek na produkte wat goed werk en jou in staat stel om aan te gaan met jou besige dag. Maak ook tyd om jouself te pamperlang. 

  • Koop ’n blosser met ’n roombasis (dit het ’n klam gevoel) in ’n perskekleurige of pienk skakering en wend dit aan die bol van jou wange vir ’n tikkie kleur. Dit werk ook as lipstiffie – goeie nuus vir jou grimeersakkie en jou beursie. - Debbie Jean, grimeerkunstenaar vir Gloss Artist Management en stigter van www.realwomenmakeup.com.
  • Los die swaar onderlaag. Dit laat jou vel bleek lyk en dik grimering gaan lê in fyn lyne en plooie, wat dit nog dieper laat lyk. Wend eers verbloemer en dan onderlaag aan. Mineraalpoeier laat die vel asemhaal en voorsien dit van voedingstowwe. Poeier die T-paneel, maar bly weg van die area onder die oë. - Joanna Butt, grimeerkunstenaar vir Gloss Artist Management
  • Bly weg van intense swart oogomlyners. Donkerbruin of skakerings daarvan is vleiender. - Linda O’Connell, grimeerkunstenaar vir Maybelline, verteenwoordig deur Infidels.