Weet jy nie waarom jy sukkel met jou hare nie? Dalk moet jy dit anders was.

Verandering is goed

As jy jou hare te veel was, kan dit jou kopvel uitdroog en van sy natuurlike olies beroof. Een of twee keer per week is genoeg. As ’n aanpaksel op jou kopvel vorm, is dit tyd vir ’n ander produk. Bestanddele soos silikoon kan wit vlokkies op jou kopvel veroorsaak, en sodra dit gebeur, kan jy gerus ’n nuwe sjampoe gebruik.

  • Genoeg water

Maak altyd seker jou hare is nat genoeg voor jy dit sjampoe. Twee minute onder die stort behoort genoeg te wees. As jou hare nie nat genoeg is nie, sal daar nie genoeg skuim vorm om dit skoon te was nie. As jy nog sjampoe aanwend, sal dit noodsaaklike olies afwas en die ekstra sjampoe sal jou duur kos. Laat die sjampoe ten minste ’n minuut aanbly voor jy dit afwas.

  • Doen dit anders

As jy op ’n sekere plek op jou kopvel vlokkies kry, begin jou hare die volgende keer op ’n ander plek was. Was ook jou hare met ander bewegings. As jy gewoonlik bo-op jou kop begin sjampoe, doen dit volgende keer langs die kante.

  • Doen dit reg

Wanneer jy jou hare en kopvel was, moet nooit jou vingernaels of handpalms gebruik nie. Masseer eerder die sjampoe en opknapper in met jou vingerpunte. Jou hare kan maklik breek wanneer daar wrywing tussen jou hare en hande ontstaan.

  • Spoel goed af

Spoel jou hare altyd deeglik af. Soms sal daar nog wit vlokkies agter jou ore wees; dis gewoonlik ’n goeie aanduiding dat die skuim op sekere plekke nie deeglik afgewas is nie. Die temperatuur van die water is ook belangrik. Warm water sal die olies uit jou kopvel en hare was; daarom is dit beter om louwarm water te gebruik, wat ook die haarkleur herstel.

  • Gelukkige einde

’n Goeie hare was is nie volledig sonder ’n goeie opknapper nie. Onthou altyd dis beter vir jou hare dat jy die opknapper met jou vingers deurkam as met ’n kam, wat die hare sal uittrek. Moet nooit die opknapper aan jou kopvel smeer nie; net aan die haarskag of punte van die hare. As jy die opknapper smeer aan die kopvel of haarwortels,  sal dit die haarfollikel blokkeer, olievervaardiging laat toeneem en die hare stadiger laat groei.

Bronne: http://www.bellasugar.com/How-Shampoo-Hair-25692817 ; http://www.wikihow.com/Apply-Conditioner-to-Your-Hair ; http://www.oprah.com/style/Shampoo-Mistakes-How-to-Wash-Hair