ROKERIGE OË

Stap 1 Wend ’n ligte kleur aan oor jou hele ooglid tot by jou wenkbroue.

1802yukbeauty2

Stap 2 Wend swart oogomlyner langs die boonste wimpers\ aan en aan die buitehoek van die oogvou. Sit oogomlyner onder die onderste wimpers aan. As jou oogomlyner ’n kladder het, gebruik dit om die lyn te klad; of gebruik ’n wattestokkie.

1802yukbeauty3

Stap 3 Wend ’n donker houtskool of swart in die vou van jou oog aan.

1802yukbeauty4

Stap 4 Wend ook die donker oogskadu onder jou onderste wimpers aan.

1802yukbeauty5

Stap 5 Gebruik ’n deursigtige, ligte kleur in die binneste hoek van jou oë.

1802yukbeauty6

Stap 6 Trek ’n swart lyn in die binneste, onderste rand van jou oog. Wend maskara aan.

1802yukbeauty7

WENK

As jy donker of helder oogskadu gebruik, wend jou ooggrimering aan voor jou onderlaag

WENK

Swart, houtskool en grys is die tradisionele skakerings vir rokerige oë, maar kleurkombinasies soos brons en bruin of goud en eiervrugkleur lyk ook wonderlik.