Bederf jouself met ’n tuis-skoonheidsbehandeling en dié weelderige selfdoen-gesigskrop.

Bevogtigende hawermout-en-amandelgesigskrop:

Dié mengsel verrig wondere omdat dit nie net die dooie selle afskilfer nie maar ook omdat die hawermout en amandels vog aan die vel verleen.

Die hawermout is ook strelend vir ’n sensitiewe vel.

Resep:

6 amandels

1 teelepel hawermout

½ teelepel appelasyn

knippie sout

Metode: 

Gebruik ’n stamper en vysel of ’n voedselverwerker om die amandels en hawermout fyn te maak. Voeg die appelasyn en ’n knippie sout by. Smeer die mengsel liggies met klam vingers aan ’n klam gesig. Was dit met lou water af. Eindig met  koue water.

Wenk: 

Moet nooit enige bestanddeel aan jou vel smeer as jy vermoed dat jy dalk sensitief of allergies daarvoor kan wees nie. Toets dit aan die binnekant van jou arm en kyk of jy enige jeukerigheid of branderigheid ervaar voor jy dit op jou gesig gebruik. As jy ’n allergiese reaksie tot ’n nuwe bestanddeel kry, was die area deeglik met koue water en druk droog. Gaan spreek jou dokter as die reaksie nie opklaar nie.

(Sien nog resepte in Huisgenoot, 9 Augustus 2012. Resepte voorsien deur Dr. Gisela Kriek 'n geregistreerde naturopatiese praktisyn)