Om jouself tepamperlang was nog nooit so maklik nie. Hier is ’n vyf natuurlike skoonheidswenke wat nie net maklik is nie; dit kan jou ook heelwat geld bespaar.

  • Streel gebarste voete deur dit met ’n mengsel van fyn gemaakte piesang en heuning te masseer. Draai jou voete toe in plastiek en wag 10 minute voor jy dit afspoel.

  • As jy self ’n gesigmasker wil maak, is die beste vrugte avokado, papaja of ryp piesang. Meng ’n lepel heuning by. Stoom jou gesig en nek om die porieë oop te maak. Wend jou masker aan (vermy jou oë en lippe). Hou dit ’n kwartier aan, en spoel dit dan af met warm water.

  • Week jou diamantjuwele in wodka om dit weer skoon te kry.

  • Spoel jou hare af met ’n aftreksel van roosmarynblare om dit mooi te laat blink.

  • Smeer jogurt aan songebrande vel om die ongemak weg te streel.

Kry nog slim besparingsplanne in Huisgenoot Huiswenke wat Werk. Bel 0860-103-686 as jy dit nie in die hande kan kry nie.

elnaDeur: Elna van der Merwe - leefstylherskrywer & Huisgenoot-boekeredakteur