30’s - Voor jou 30’s voorkom jy veroudering met ’n basiese velsorgroetine, maar daarna het jy meer sorg nodig.

  • Gebruik daagliks ’n room, onderlaag of getinte bevogtiger met ’n SBF van minstens 15.
  • Begin gebruik ’n oogroom om die vel om jou oë te help versterk. Kies een met ’n jelbasis as jy ’n olierigevel het en room vir ’n droër vel.
  • Vul jou gewone bevogtiger met vitamien E-olie aan om littekens en rekmerke te behandel. 

40’s - Jou vel begin verloor die vermoë om water te behou. Die vel se selle vernuwe nie meer so vinnig nie en dit lei tot ’n dowwer gelaat en plooie.

  • Skakel oor na beter bevogtigers wat verkieslik ook sonvlekke teenwerk.
  • Serums het kleiner molekules as bevogtigers en kan dieper binnedring. Smeer voor jou bevogtiger ’n titsel serum aan ’n skoon, droë vel.
  • Ouderdom en herhaalde kleurbehandelings sal jou hare bros maak. Gebruik twee keer per week ’n haarbevogtiger om jou hare te bevogtig en versterk.
50’s - Jou 50’s gaan oor die volhou van jou roetine en die byvoeging van vog en voedingstowwe.

  • Ons is dol oor Bellabaci Facial Cups wat jou vel diepreinig en masseer. Die bakkie trek sagkens aan jou vel terwyl jy dit oor jou gesig rondbeweeg en help porieë suiwer en bloedvloei stimuleer.
  • Gesigolies bevat suiwer plantolies en is propvol antioksidante wat die vel help vernuwe.
  • Jou nek en hals verklap dikwels jou ouderdom; belê daarom in ’n verfermende borsroom.