MainDIE afgelope week het dit omtrent sjampoes en opknappers gereën. Hieronder is dié wat ek beproef het en waarvan ek die meeste hou. (Die ander sal maar moet diens doen as peperduur stortjels . . .) Dove se Damage Solutions Colour Radiance

My eerste gunsteling is Dove se nuwe Damage Solutions Colour Radiance-reeks. Dit sluit in ’n sjampoe en opknapper, daaglikse behandelingsopknapper, masker en inlos-opknapper, en sorgsproei. Pryse wissel van R42,99 tot R69,99.

dove-colour-radiance-rangeOmdat die sjampoe min sulfaat bevat, maak dit nie baie skuim nie en is dit dus minder geneig om jou kleur uit te was. Toe ek dit die eerste keer gebruik het, was ek bang die min skuim beteken my kop was nie ordentlik skoon nie, maar tot my verbasing het my hare agterna selfs meer wip gehad! Wat die opknapper betref: Dis heerlik en lig en gebruik iets wat Dove vibrant colour lock noem om jou haarkleur langer in die haarskag vasgevang te hou. Ek het ook van die sproei-opknapper gekou. Gebruik dit om enige kroesies weg te spuit nadat jy jou hare drooggeblaas het, want dit maak jou hare glad, raak ontslae van koeke, laat jou hare nie swaar hang nie en bevat ook ’n dosis UV-beskerming om te voorkom dat jou kleur in die son verbleik. Dis ook die moeite werd om te noem dat al hierdie produkte ’n soet blomgeur het en nie in die minste na Dove-seep ruik nie. Is ek die enigste meisie op die planeet wat dáárdie geur absoluut verfoei? Pureology se Reviving Red

Pureology se Reviving Red-versameling is nog ’n haarversorgingsjuweel, veral as jy rooi hare het. Dis boonop 100 persent veganisties én sulfaatloos.

Pureology red range

As jy ’n rooikop-uit-’n-boks is, weet jy maar te goed hoe gou rooi kan verbleik. Dis omdat die rooi kleurmolekuul groter as die meeste ander is en dus nie baie goed by jou haarskag indring nie. Dit “glip” ook binne weke weer uit. Die Reviving Red-reeks gebruik ’n spesiale teenverbleiking-samestelling wat help om jou haarkleur in te seël. Die produkte sluit in ’n voedende oliebevattende sjampoe (R265), opknapper (R275) en ’n sproei-olie (R450) wat die kleur selfs verder vasvang. Jy kan ook twee verskillende Reflect Enhancers kry (R650 vir die stel). Dis opknapbehandelings (Red en Copper) wat jou haarkleur help verdiep. Al het ek nie rooi hare nie, het ek die opknapper gebruik en was mal daaroor omdat dit nie kleur agterlaat nie, voedende plantolies bevat en ook likopeen, wat verhinder dat my kleur oksideer – ’n groot probleem vir bottelblondines soos ek. Everline se g  ai Semi di Girasole

Laaste maar nie die minste nie: Everline se g ai Semi di Girasole Lighting-sjampoe en masker (onderskeidelik (R120,25 en R157,25). Dis ’n Italiaanse salonreeks waarvan ek nog nooit gehoor het nie maar wat ek onlangs by ’n haarversorgings-geleentheid leer ken het.

Everline G sham and con

’n Vinnige Google-vertaling wys ai semi di girasole beteken "met sonneblomsade", wat sin maak omdat elke produk versterkende plantproteïene bevat, asook sonneblomolie wat jou hare minder droog maak.

Nadat ek die heerlik gegeurde vanielje-sjampoe en -masker gebruik het (laasgenoemde het ’n opknapper-tekstuur) het my borsel soos ’n droom deur my nat hare gegly. Toe my hare droog word, was dit lig en vol wip, sonder om minder glad te lyk. Baie, baie lekker.

Bel HairCair by 021-448-8847 om te hoor watter salon in jou omgewing Everline-produkte verkoop.

Het jy enigiets hierbo gesien wat jy dink vir jou sal werk? Het jy iets beproef en wil jy laat weet hoe dit werk? Gesels gerus met my hieronder of op Huisgenoot se Facebook-inkskrywing – ek wil baie graag hoor wat jy dink.

- Leigh van den Berg

Hooffoto: Filin Ilia, Zanthia, Alicia Cody en hydropeek, almal op Flickr

Leigh-135x90 Leigh van den Berg is ’n vryskut- mode-en-skoonheidskrywer van Kaapstad. Sy is gek oor meisie- en glinstergoed en is veral trots daarop dat sy jou parfuum 10 tree ver kan uitken. Niks maak haar meer opgewonde as nuwe skoonheidsgoetertjies nie, behalwe miskien sjampanjedrankies, klapperlekkers en daai ou wat Dean in Supernatural speel. Lees haar blog by Lipgloss is my Life en volg haar op Twitter @lipglossgirl 

Lees Leigh se vorige blogs vir Huisgenoot by:

Groter borste uit ’n buisie, ontrimpeling uit ’n pen

3 stappe na begeerlike bene

Lyk fantasties (al het jy ’n vieslike verkoue)

Tyd om te skitter

Die beste produkte wat ek onder oë gekry het