Brand

HUISGENOOT se aanlyn-leefstylwinkel Spree het onlangs ’n afdeling bekendgestel wat hulle Designer Spotlight noem. Hier skenk hulle aandag aan plaaslike ontwerpers deur profiele oor hulle te plaas en hul ontwerpe te wys en verkoop. ’n Deel van die blootstelling behels YouTube-onderhoude met die ontwerpers wat Spree Conversations genoem word. Ek was onlangs by ’n Spree Conversation met Anisa Mpungwe van Loin Cloth And Ashes.

[caption id="attachment_51060" align="alignnone" width="424"]Anisa en ek by Spree Conversations. Anisa en ek by Spree Conversations.[/caption]

Anisa oor haar kliënte

Hulle is mense wat van Afrika-drukpatrone hou en baie windmakerig is – dis nou die Johannesburgse kliënte. Sy vind Kaapstadse kliënte nog ’n uitdaging en probeer uitwerk presies wie hulle is – maar “hulle is beslis baie street, cool en urban edgy”.

Oor haar handelsmerk

Struktuur maak ’n belangrike deel van haar klere uit. Sy is bang vir drapeersels! Sy het lank meer aandag geskenk aan die style waarvan haar kliënte hou as aan die ontwerpe wat sy in haar hart saamdra, en sy voel in die proses het sy haar “Anisa-toorkrag” verkoor. “Dit voel of ek met my nuwe versameling op pad terug is na ‘my’ toe. Ek is ’n geometriese soort meisie.”

Oor haar drukpatrone

Sy koop haar kleedstof by ’n groot mark in haar tuisstad, Dar es Salaam in Tanzanië. Dit kos haar omtrent drie dae om al die materiale uit te kies.

Oor haar kreatiewe proses

Sy sê sy’s ’n tipiese Tweeling en is dus baie sensitief vir dinge om haar. Sy noem haarself ’n VN-baba omdat sy in Suid-Afrika aangekom het as lid van ’n diplomatieke gesin. Sy is gek daaroor om te reis en verskillende kulture te beleef. Terwyl sy werk luister sy na musiek – haar gunsteling-sangeresse is M.I.A. en Santigold.

Oor haar nuwe versameling

Sy wou klere ontwerp wat gemaklik en koel is. Sy het dit meer as voorheen geniet om daaraan te werk want sy kon haarself meer daarin uitleef.

Oor die toekoms

Sy wil eers in SA naam maak voor sy haar vlerke internasionaal sprei. “As ek hier goed is, sal ek daar goed wees.”

Haar moeilikste stryd van dag tot dag

“Om alles te kan bestuur, dis soos ’n mensbaba! Dis vir my moeilik om ’n bestuurder te wees, maar my pa het my die raad gegee om meer te delegeer.”

Haar beste modewenke

  • Dra die regte grootte.
  • Kies gemaklike klere.

Anisa is beslis ’n ontwerper wat dopgehou moet word. Dit was heerlik om haar te ontmoet! Hier is een van my gunstelinge uit haar nuwe versameling: - Wagheeba January

 WagheebaWagheeba January werk by Huisgenoot en blog vir ons oor mode. Gaan loer gerus ook op haar eie blog.

Lees ook Wagheeba se vorige blogs vir Huisgenoot:

Kry Alexa se styl

Maak ’n stelling

Monochroom-koors

Beenaf op my Zaylin-stewels!