Die speelpakkie-modeneiging het in 2014 die eerste keer kop uitgesteek en dis twee jaar later nog steeds hoogmode én ’n moet-hê item in jou klerekas!

Dié klere-item is onder meer gewild vir sy vleiende silhoeët en dit pas elke figuur soos ’n handskoen. Kyk net hoe mooi lyk die aktrise Hailee Steinfeld by verlede jaar se Amerikaanse Music Awards-prysaand.

Die speelpakkie is ’n moet-hê in jou klerekas, sê Huisgenoot se modedirekteur, Chu. “Dis een van die mees praktiese en veelsydigste items vir die somer. Dit kom ook baie handig vir wanneer jy lig moet pak.”

Lees ook: Kyk: Rolene Strauss deel haar troufoto’s

Dit is een van daardie uitrustings wat jy kan manipuleer: met ’n groot halssnoer of paar stylvolle hakke, kan jy ’n eenvoudige item in ’n japtrap in ’n deftige uitrusting omskep. En bekendes het duidelik ook dié truuk agtergekom.

[caption id="attachment_116964" align="alignnone" width="600"]Karlien van Jaarsveld en Donnalee Roberts by die Vir Altyd première?. Foto: Vir Altyd Facebook-blad Karlien van Jaarsveld spog saam met en Donnalee Roberts in haar speelpakkie by die premiere vir Vir Altyd?. Foto: Yolandie Janse van Rensburg/Vir Altyd Facebook-blad[/caption]
Ons eie plaaslike sangeres Karlien van Jaarsveld het verlede week die tonge laat klap toe sy op Instagram ‘n foto van haar gedeel het waar sy in een van dié einste speelpakkies pronk. Sy het dit na die premiere van Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuwe romantiese komedie, Vir Altyd, gedra en die ma van twee het alte spoggerig én sexy in haar blombedrukte speelpakkie gelyk!

Dra die speelpakkie soos die Hollywood-sterre, Cameron Diaz en Selma Blair op die rooi tapyt as ’n deftige uitrusting.

Verby is die dae van sukkel met ’n broek en bloes wat moet pas – gebruik hierdie eenstuk item tot jou voordeel en stileer dit tot jou smaak.

Lees ook: Ons keuses vir die beste en slegste uitrustings by vanjaar se SAG-prysaand

Die pop-sangeres, Taylor Swift, het besluit op ’n meer envoudige uitrusting deur haar speelpakkie te dra met aanglipskoene.

Of jy dit nou see toe aantrek of na ’n aandjie uit, een ding is seker – jy sal ’n speelpakkie vir elke geleentheid kry. Dis iets waarmee jy nie verkeerd kan gaan die laaste paar dae van somer nie!

- Saamgestel deur Saskia Hill

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent

Gewilde countrysangeres praat oor haar gewigsverlies

Slegte nuus vir Derick Hougaard

Angelina Jolie gesels oor haar kroos