Ons almal wil pragtige en gesonde hare hê, maar min sit die ekstra moeite in om dit instant te hou. Oor die jare verloor jou hare hulle tekstuur en daarom is dit belangrik om jou hand op jou X te hou.

Fyn en pap hare

Die skag van jou hare is dunner as dié van ander haarsoorte. As jy baie hare het, is jy gelukkig; as jy nie veel het nie, kan dit leweloos lyk. Fyn hare koek en breek ook makliker en moet versigtig geborsel word. Algemene foute Candice Donadel, die eienaar van Mirrors Hair Lab in Kaapstad, sê baie mense met fyn hare vermy verkeerdelik opknapper. “Opknapper verseël die haarskag en beskerm dit teen elemente van buite.” Moenie jou hare pluiskam om volume te skep nie – as jy dit uitkam, kan jou hare breek.

Olierige hare

Mense met ’n olierige kopvel kan hul hare soggens was en dan lyk dit teen sononder by die wortels vetterig. Baie mense met ’n olierige kopvel is ook meer geneig om skilfers te hê. Algemene foute Tarryn Page, ’n mobiele haarkapper van Kaapstad, sê baie mense dink as hulle nie elke dag hul hare was nie, sal die probleem vanself opklaar. Daar is egter niks mee fout om jou hare elke dag te was nie, mits jy sagte produkte gebruik. Sterk sjampoe sal jou kopvel uitdroog en nog meer olie laat vervaardig.

Dro? en growwe hare

’n Growwe haarwand wat nie plat lê nie, laat vog uit jou haarskag ontsnap. Mense met fyn hare kan ook droë hare hê weens ’n kopvel wat nie genoeg olie vervaardig nie. Droë hare lyk dikwels vaal. Algemene foute Tarryn sê jy moet jou hare was wanneer dit vuil voel of jou kopvel genoeg olie vervaardig het om dit olierig te maak, nie elke dag of twee nie. Baie mense los ook hul gewone opknapper in hul hare, maar hiervoor het jy spesiale inlosopknapper nodig, anders sal aanpaksels vorm. Dit keer dat vog die skag binnedring.

Bron: Huisgenoot-argiewe