Die aktrise Naomi Watts is nie veel gepla oor hare en grimering nie.

Gelukkig is die 47-jarige aktrise een van die beroemdstes in Hollywood en gaan daar selde ’n week verby sonder dat spanne stiliste haar versorg. Maar in haar alledaagse lewe is dit ’n heel ander storie vir die ma van twee.

“Ek is meestal sonder grimering en in jeans, T-hemde en langmoutops,” het Naomi aan die tydskrif NewBeauty oor haar alledaagse kleredrag gesê.

Lees: Selena Gomez se roerende antwoord op Justin Bieber foto van hulle in gelukkiger tye

“Ek is nie baie goed daarmee om my eie hare en grimering te doen nie en ek is een van daardie mense wat gedurig met nat hare by die deur uitstap.”

Ten spyte daarvan kan die blonde skoonheid gewoonlik deur ’n ring getrek word wanneer sy op die rooi tapyt verskyn.

Naomi het al saam met van die mooiste vroue ter wêreld op die silwerdoek verskyn, onder andere Kate Hudson en Rachel Weisz. Maar haar eie skoonheidsinspirasie is dalk ’n ongewone keuse – die 70-jarige aktrise Charlotte Rampling.

Lees: Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

“Na my mening is sy mooier as ’n supermodel,” het Naomi aan die tydskrif gesê.

Danksy haar loopbaan het Naomi al taamlik baie gereis en verskillende lande gesien. Een van haar gunstelingbestemmings is Parys. Die aktrise het al erken sy bewonder Franse vroue.

“Paryse vroue het ’n innerlike elegansie wat wêreldwyd beny word. Hulle is baie ontspanne oor ouer word en blyk mettertyd meer charisma en skoonheid te bekom. Wie sou nie soos hulle wou lyk nie? Dis die geheim – om die natuurlike gang van die lewe te aanvaar en selfvertroue te hê,” het sy aan die tydskrif You gesê.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Die storie agter dié foto sal jou hart breek

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model