Stap 1: Versamel

Jy moet genadeloos wees: Kry al jou velsorg-, haar- en grimeerprodukte op een plek bymekaar. Pak jou handsak, kaste, motor en lessenaar uit. Jy sal makliker kan oordeel as alles op een plek is.

Stap 2: Gooi stukkendes weg

Stukkende gesigpoeier, oogskadu en lipstiffie is slordig.

Stap 3: Gooi oues weg

Hoe oud is te oud? Flesse preserveer produkte nie so goed soos lugvrye pompbottels nie. Hier is ’n gids oor hoe lank produkte hou:

4 maande

  • Maskara

1 jaar

  • Verbloemer
  • Waterbasis-onderlaag
  • Vloeibare of jel-oogomlyner
  • Jel- of roomblosser
  • Lipglans

18 maande

  • Oliebasis-onderlaag

2 jaar

  • Poeiers
  • Poeierblosser
  • Lipstiffie
  • Naelpolitoer: Dit hang af hoe gereeld jy dit gebruik, want lug laat die tekstuur van die politoer verswak. Maak altyd die rand van die bottel skoon voor jy dit toemaak.
  • Vel- en haarsorg: Soek die ikoon van ’n flessie met ’n getal. Dit wys hoeveel maande die produk gebruik kan word nadat dit oopgemaak is.
3 jaar
  • Potlode (lip en oog): Maak hulle gereeld skerp.
  • Oogskadu

Stap 4: Vervang

Wanneer jy eers weet wat jy oorhet, moet jy besluit wat om te vervang. Hier is ’n algemene gids:

Velsorg

  • Reiniger
  • Verfrisser
  • Afskilferaar
  • Behandeling: Vir jou bepaalde probleem: aknee, pigmentasie, droogheid.
  • Bevogtiger
  • Oogroom
  • Sonbeskerming

Haarsorg

  • Sjampoe
  • Opknapper
  • Masker: Vir jou bepaalde haarbehoefte: kleurbehandelde hare, chemies beskadigde hare, droë hare, droë kopvel, olierige kopvel.
  • Aanlosbehandeling: Wortelversterker, opknapper.
  • Hittebeskermer
  • Stileerhulp: Mousse, olie.
  • Afrondingsproduk: Glanssproei of mat sproei.

Grimering

Die minimimum wat ons meen jy elke dag byderhand moet hê.

  • Onderlaag: In die formule van jou keuse: vloeibaar, poeier, BB-room, mousse, room.
  • Basislaag: Dit skep ’n egalige vel. Dit laat ook jou onderlaag langer hou.
  • Verbloemer: Om oogsakkies, vlekke en ander onvolmaakthede weg te steek.
  • Poeier: Om jou onderlaag te set, maar net as jou vel geneig is om olierig te raak.
  • Wimperkrultang
  • Wenkbroupotlood
  • Wenkbroujel: Om die oogpotlood te set en wenkbroue netjies te hou.
  • Oogskadu in ’n natuurlike skakering
  • Lipstiffie of -glans in ’n natuurlike skakering
  • Rosige pienk blosser: Dit is die vleiendste skakering vir alle veltone en -kleure.