Gloeiend in groen

Ek is gek oor hierdie gedrukte rok wat die aktrise Olivia Wilde na die HFPA Installation Luncheon gedra het. Die swart-en-wit landskappatroon word deur streeppatrone in oranje, akwa, groen en geel omraam. Sy lyk soos altyd pragtig in ’n Clover Canyon-rok met Jimmy Choo-skoene en ’n Jimmy Choo-palmtas.

Dra jou somerrok saam met hierdie lieflike bykomstighede van Spree:

Klik hier!

Klik hier!

- Jeani Tutt

Foto: Elite Photo Agency