By vanjaar se Teen Choice Awards het die glanspersoonlikhede omtrent in die nuutste somermodes gepronk.  Hier is ons modeblogger Jeani Tutt se drie gunstelinge van die week.

Verfkolle

Nina Dobrev (24) van The Vampire Diaries smeul in hierdie bedrukte broekpak, ontwerp deur J. Mendel. Die oranje glansleerpalmtas pas perfek by die uitrusting. As jy van hierdie verfbespatte voorkoms hou, kry dit hier. 

Dramatiese palmbome

Die aktrise Lily Collins (24) dra ’n Houghton-toppie, Fausto Puglisi-romp en Brian Atwood-skoene. Hierdie rop, met sy swart palmbome is baie dramaties, maar ek is gek daaroor. Kry jou skaatsromp hier.

Mooi gekant

Ek is mal oor kant en Brittany Snow weet hoe om dit te dra. Die  27-jarige Pitch Perfect-aktrise het pragtig gelyk in hierdie Oliver Tolentino Couture-rok, met ’n Oroton-palmtas en Jennifer Fisher-oorringe. Op soek na iets met kant? Kry dit hier.

- Jeani Tutt

Foto's: Elite Photo Agency