Vandeesweek is ons modeblogger Jeani  gek oor al die blompatrone.

Partytjierok

Die aktrise Crystal Reed het by vanjaar se Young Hollywood-prysaand elegant gelyk in hierdie Carolina Herrera-rok en Manolo Blahnik-hakskoene. Ek is mal oor hierdie moulose geblomde jacquard-rok met sy lang lyfie en wye plooiromp. Kry die voorkoms hier.

Sondag se spoggerigste

Die aktrise Kaitlyn Black het ’n Stop Staring!-rok en Capri-rooskwartsoorbelle deur Pomellato gedra toe sy by CBS en Showtime se 2013 Summer TCA-partytjie opdaag. Om ’n soortgelyke voorkoms te kry, klik hier. 

Mooiste meisie

Die sangeres en liedjieskrywer Sara Bareilles het by vanjaar se Do Something-prysaand met haar lang bene gespog. Sy lyk opgetof ’n kleurryke, gedrukte BCBG-bostuk, smaragkleur Valentina Shah-kortbroek en Belle by Sigerson Morrison-hakskoene. Op soek na geblomde kortbroeke? Klik hier.

 - Jeani Tutt

Foto's: elitephotoagency.com