Die skoonheid van swart 

Die modeskrywer en model Chiara Ferrangani lyk so vroulik en pragtig by die rolprentfees in Venesië in hierdie uitrusting deur Alberta Ferreti. Die ragfyn swart rok met sy deurskynende blinkertjie-bostuk is ’n wenner!

Kry jou eie sexy swart nommertjie hier.

Mini-mooi

Die model Poppy Delevingne lyk alte oulik by die première van die rolprent Rush in hierdie rokkie uit die herfsversameling van Emilia Wickstead. Die oorgroot versierde mini is perfek virdie nuwe seisoen.

Kry jou eie mooi mini hier.

Suiwer elegansie 

Die Italiaanse aktrise Francesca Cavallin het asemrowend gelyk by dieVenesiese Rolprentfees in hierdie rok uit Barbara Casasola se herfsversameling. Ek is gek na die lae halslyn.

Kry jou elegante rok hier.

- Jeani Tutt

Foto's: Pan Media, Greatstock/Splash