Laat Dit Stoom

Skeer jou beenhare teen die einde van jou stort. Die stoom maak die hare sag en dus makliker om te verwyder. Gebruik ’n goeie naskeerroom om knoppies te verhoed.

G’n Littekens

Gebruik ’n vogroom en ’n goeie skeermes sodat jy jou nie raak skeer nie.

Littekens kan ontstaan omdat sirkulasie in die bene gewoonlik swakker is.

Skrop-skrop sag

Gebruik drie keer per week ’n skropmiddel om van droë selle ontslae te raak en bene seepglad te hou. Gebruik sterk sirkelbewegings.

Sysagte Bene

Bevog jou bene onmiddellik nadat jy gestort het omdat die vel beter absorbeer terwyl dit klam is.

Fermer Vel

As jou bene effe sakkerig voel weens die verlies van kollageen, kan jy dit met ’n goeie verfermende lyfroom regruk.

Mooi Sonbruin

As jy graag bruin bene wil hê, maar die son se skadelike strale wil vermy, smeer of spuit ’n goeie verbruiner aan.

Deur: Jani Coetzee

Bron: Huisgenoot-argiewe