Monochroom is ’n groot gier – wie het gesê die mode kan nie swart-en-wit wees nie?

Met swart-en-wit  trek teenpole mekaar aan en skep hulle saam ’n monochroom-wonder. Die styl is baie veelsydig. Jy kan dit gebruik om ’n sexy, ongewone, sportiewe of glansryke voorkoms te skep.

My gunstelinge

  • Rok Legit (R129,99)
  • Jas Jet (R299,99)
  • Halssnoer Lovisa (R230)
  • Donkerbril Mr Price (R39,99)
  • Serp Mr Price (voorbeeld, sal binnekort in die winkel wees)
  • Handsak Mr Price (R129,99)
  • Skoene Mr Price (R169,99)

Ek het ’n uitrusting saamgestel om te wys hoe jy monochroom kan meng en pas.

mono2

Die model dra:

  • Rok Mr Price (R89,99)
  • Baadjie Mr Price (voorbeeld, sal binnekort in die winkel wees)
  • Kouse Woolworths (R35)
  • Skoene deur Toya Delazy, Legit (R229,99)
  • Model: Lauren van Max Models

In Huisgenoot en YOU se uitgawe van 25 Julie wys ons modedirekteur, Chu, hoe jy monochroom saam met patrone en kleurblokke kan dra.

Inspirasie van die loopplanke

As die lente opdaag, gaan monochroom baie gewild wees. Van die groot name soos Louis Vuitton, Marc Jacobs en Moschino, tot ons kettinggroep-gunstelinge soos Zara en Mango pryk daarmee. Daar is iets vir almal.

Komaan, geniet die monochroom-mode!

- Wagheeba January