Om ’n eenvoudige uitstappie strand toe te onderneem kan vir sommige mans ’n teer saak wees sodra hulle hul hemp moet uittrek. Jou borshare staan in alle rigtings en koek soos ’n malteser se stert, en jou arm- en rughare laat jou as’t ware soos ’n grillerige bobbejaanspinnekop voel.

[caption id="attachment_115223" align="alignnone" width="600"]Foto: Willie Fourie Foto: Willie Fourie[/caption]

Laat waai daai hare, sê die tydskrif Cosmopolitan. Volgens die tydskrif word manscaping (die ritueel onder mans om hul harige lyf te waks of te skeer), ál gewilder.

Mashablemanscaping is ’n ernstige saak en tot die hare op jou sitvlak moet waai! Hulle het selfs ’n gids vir manscaping opgestel.

Volgens ’n skoonheids–en-modekonsultant van Kaapstad, Penny Marriot, is manscaping hoog in die mode.

“Daar is geen rede waarom mans nie ook van ongewenste hare kan ontslae raak soos wat vroue doen nie. Om jou wenkbrou te pluk doen wonders vir jou gesig teenoor wilde, onnet wenkbroue.” Vir mans wat die pyn kan trotseer, is waks die beste raad, sê sy.

Lees ook: Voel só goed in jou geboortepak

Huisgenoot het ’n paar harige en gladde bekendes gevra hoe hulle oor ongewenste hare voel en wat hulle doen om die Neandertal in hulle te demp.

Die harige kamp

Francois van Coke

[caption id="attachment_115220" align="alignnone" width="600"]Foto: Misha Jordaan Foto: Misha Jordaan[/caption]

“Ek is redelik ungroomed. Ek was nog nooit bang gewees om te waks nie, maar my hare het my nog nooit gepla nie,” sê dié rocksanger van die treffer Toe vind ek Jou. Volgens hom is sy vrou, Lauren, dolgelukkig met sy harige lyf. “Sedert ons getrou het, het ek nog nooit eens my baard afgeskeer nie. Elke ou moet maar self besluit of hy wil waks of nie, maar ek is heel gelukkig met hoe ek lyk.” Bok van Blerk

#tbt #mozambique #kingfish #fish #fishing

A photo posted by Bok van Blerk (@bokvanblerkreal) on

Bok van Blerk was stomgeslaan toe Huisgenoot hom kontak oor sy harige lyf. “Is dit Leon Schuster wat praat? Is dit ’n prank,” het hy oor die foon gevra.

Nadat ons hom gerusgestel het dat sy naam nie krater gemaak gaan word op nasionale televisie nie, het hy gesê hy is heel gemaklik met hoe sy lyf lyk. “Behalwe vir die baard is ek nie rêrig so ’n harige ou nie. Ek dink elke man moet self besluit of hy gelukkig is met hoe hy lyk, en as hy nie is nie, moet hy dit verander.”

Die gladde kamp

Nataniël en Jak de Priester

Die teater-en-TV-persoonlikheid Nataniël sê hy het nog altyd gegril vir hare op sy kop en op sy gesig.

“Ek het van kleins af gegril vir hare.” Volgens hom het hy al een keer ongewenste hare gaan waks, maar dit was te seer om terug te gaan.

“Ek is ’n vreemdeling van my eie lyf; net my dokter weet wat aangaan met my lyf. Ek bad tot met ’n hemp aan; so borshare pla my nie.”

Hy sê jy moet soos ’n Griekse god gebou wees as jy al jou hare wil verwyder. “Hare dra by tot die kontoere van jou lyf; jy moet rêrig soos ’n standbeeld gebou wees as jy wil waks. As jy pap is moet jy eerder nie. Moenie soos ’n weerwolf lyk nie; trim dit net.”

Die Sally Williams-sanger, Jak de Priester, sê hy is gelukkig om nie té harig te wees nie. “Ek skeer net daagliks, maar verder het ek nie nodig om ander hare in toom te hou nie.”

Hy sê hy het ’n ligte boskasie op sy bors wat soms bietjie pla. “Ek slaap nie sommer sonder ’n hemp nie, want anders kielie my borshare my ken,” skerts hy.

Jay

[caption id="attachment_115233" align="alignnone" width="600"]Foto: Huisgenoot argief Foto: Huisgenoot argief[/caption]

“Vir my is manscaping cool. Dis dieselfde as naels knip en jou kophare sny; dis noodsaaklik en higiënies, maar ek sou sê waks word gereserveer vir ernstige fietsryers en dames. Trim is slim!”

– Jacques Myburgh